Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 16°C

Wind 41km/h


Reënval 3.4mm


Humiditeit 67%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 18km/h


Reënval 5.3mm


Humiditeit 68%

Vrydag


22°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


26°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 15km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Maandag


23°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Nuus

Matriekuitslae is uit

Dinsdag 31 Desember 2013 8:21 vm.

KAAPSTAD. – Feesvierings rondom die 2013-matriekklas se uitslae begin vandag met die bekendmaking van die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se slaagsyfer van 98,5%.

Altesaam 9 530 heeltydse en 586 deeltydse kandidate het die eksamen geskryf – 621 meer as 2012. In die Wes-Kaap was daar 736 kandidate wat die eksamens geskryf het.

Die toename is daaraan toe te skryf dat vier nuwe skole by die IEB aangesluit het, asook ’n toename in die aantal leerlinge by bestaande skole.

Twee kandidate spog met 10 A’s elk, 23 met 9 elk en 236 met 8 elk wat die departement van basiese onderwys erken.

Onder hulle is ook talle wat onderskeidings in gevorderde wiskunde, Engels en Afrikaans buite skoolverband verwerf het.

Dié programme is ontwikkel om begaafde leerlinge die geleentheid te gee om ’n diepgaande studie van sekere vakgebiede te maak.

2 103 kandidate het gevorderde wiskunde geskryf en 555 gevorderde Engels. Gevorderde Afrikaans is vanjaar vir die eerste keer geassesseer.

Altesame 85% van vanjaar se IEB-kandidate het toelating tot graadstudie, 12% tot diplomastudie en 1,5% tot sertifikaatstudie gekry.