Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 15°C

Wind 31km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 67%

Vrydag


23°C / 15°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 38km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Dinsdag


24°C / 17°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Nuus

toeriste loop deur in krugerwildtuin

Olifant was op hitte, beseer

Sosiale netwerke gons van negatiewe kritiek

Deur Blanché de Vries Donderdag 02 Januarie 2014 7:07 vm.

KAAPSTAD. – “Dit is hartseer dat ’n olifantbul van kant gemaak moes word omdat hy op hitte was toe hy die toeriste aangeval het”

Dít was prof. Rudi van Aarde, olifantkenner en voorsitter van die Universiteit van Pretoria se bewaringsekologie-navorsingseenheid, se kommentaar op die voorval waarin ’n olifantbul Maandag van kant gemaak is ­nadat hy twee toeriste aangeval het.

Die bul het Jans de Klerk, ’n Suid-Afrikaner wat in Brittanje woon, en Sarah Brooks van Brittanje in hul blou Volkswagen in die Krugerwildtuin aangeval. Brooks is ernstig beseer toe een van die olifant se tande die agterkant van haar heup oopgeruk het. Sy is na die Mediclinic Nelspruit geneem en was gister in ’n stabiele toestand.

Die aanval het by ’n watergat naby Pretoriuskop in die suide van die wildtuin plaasgevind.

“Die paartjie het glo die olifant gevolg om hom te verfilm toe hy skielik op hulle afstorm en hul motor ongeveer 400 m ver in die bos stoot,” het William Mabasa, woordvoerder van die Krugerwildtuin, gesê.

Die voertuig is erg beskadig.

Mabasa het gesê daar is besluit om die bul van kant te maak omdat hy moontlik ’n gevaar vir ander toeriste kon wees.

“Die aggressie wat die olifant gewys het, was nie normaal nie. Nadat hy van kant gemaak is, het ons ontdek hy is ook beseer, dalk omdat hy met ’n ander olifant baklei het terwyl hy op hitte was.”

Die paartjie het dalk nie besef die bul was op hitte nie. Hulle kon dan die tekens van aggressie beskou as iets wat hulle kon verfilm eerder as iets gevaarliks, het prof. Rob Slotow, direkteur van die Amarula-olifantnavorsingsprogram by die Universiteit van KwaZulu-Natal, gesê.

Slotow meen die wildtuin het die regte besluit geneem omdat ander mense aangeval kon word en dit noodlottig kon wees.

Hy het verduidelik wanneer ’n olifant op hitte is, is sy testosteroonvlakke hoër.

“Hy sal sy ore klap en dalk eers, as ’n waarskuwing, maak of hy gaan storm. Hulle het hom dalk agtervolg om die gedrag te verfilm en dit nie as ’n waarskuwings gesien nie.”

Van Aarde het gesê toeriste moet eerder ver weg bly terwyl ’n olifantbul op hitte is. “Hulle was dalk te naby aan die bul,” het hy bygevoeg.

Die besluit om die bul van kant te maak het heelwat negatiewe reaksie ontlok op sosiale netwerke soos Twitter en Facebook.

“Mense kritiseer, maar was nie self daar nie en weet nie van die omstandighede rondom die voorval nie,” het Mabasa gesê.

Brooks is genader vir kommentaar, maar het gesê sy wil nie daaroor praat nie.