Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 58%

Maandag


20°C / 15°C

Wind 23km/h


Reënval 24.6mm


Humiditeit 85%

Dinsdag


21°C / 16°C

Wind 14km/h


Reënval 2.8mm


Humiditeit 76%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Nuusflitse
4 werkers sterf toe brug ineenstort Man val laerskoolkinders met mes aan 4 mense dood en 14 beseer in ongelukke op Van Reenenspas Sataniste soek swart katte in Hongarye Man dood in Tafelberg-tragedie Zambiër vas oor hy in lug skiet ná president se dood ‘Hongarye sit internetbelasting eers op ys’ Miley Cyrus se rok skok Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Nuus

Tweede nuwe jaar

Klopse ‘doen dit vir die kinders’

Deur Marelize Barnard Sondag 05 Januarie 2014 10:39 nm.

KAAPSTAD. – “Jy kry dit nie in Johannesburg nie. Jy kry dit nie in Durban nie – dit is in die Kaap waar ons aan die gang is.”

Die Kaapse klopse het Saterdag Tweede Nuwejaar in die middestad van Kaapstad gehou en soos Faried Adams (68) van Mitchells Plain verduidelik het, dié tradisie is eie aan die Kaap.

Adams is nou al 62 jaar ’n klops en hy is aan die stuur van die Woodlands-klopse.

“Mense is al van gister af hier langs die straat. Ons doen dit vir die mense van die Kaap,” het Adams Saterdag gesê terwyl hy na die volgedrukte sypaadjie langs Keizersgracht gewys het waar toeskouers hul kampeerstoele onder gazebo’s ingeryg het.

Grant Pascoe, burgemeesterskomiteelid vir toerisme, spesiale gebeure en bemarking, het gesê daar word geraam dat tussen 100 000 en 150 000 mense na die middestad gestroom het om die klopse te sien.

Altesaam 70 troepe met 40 000 deelnemers het vanjaar deelgeneem.

Samsoenisa Essop (40) van die Nokia All Stars-klopse het die klein en baie blink Mujaahid, haar 20 maande oue baba, in sy stootwaentjie vooruitgestoot.

“Dit is tradisie. Ek het Mujaahid al verlede jaar ook saamgebring. Ons hou die Tweede Nuwejaar spesiaal vir die toeriste in Kaapstad,” het Essop gesê.

Die een groep na die ander het soos ’n see van blink diskoballe voor die Parade, met Waalstraat af en tot in die Bo-Kaap musiek gemaak, gedans, gestap en sommer net geskitter.

Die kleiner kinders wat vooraan die groepe gestap het, het by tye op die plek getrippel terwyl daar nie vinnig genoeg vir hul energievlakke gestap is nie.

Ayesha Jacobs (24) van die Bonteheuwel Superstars het haar seuntjie, Abdullah (1), al die pad op die heup gedra terwyl sy deur die strate gemarsjeer het.

Die Bonteheuwel Superstars se groep het al 500 deelnemers, en soos Cassiem Hendricks (35) verduidelik het, gaan dit daaroor om kinders bymekaar te bring.

Die deelnemers aan Tweede Nuwejaar is ook nie net van Kaapstad nie. Die lede van die Starlight Jeugontwikkeling-klopse is van so ver as die Paarl, Wellington, Worcester en Swellendam.

Soos Tasleem Sakildien (29) van die Starlight-groep verduidelik het: “Ons doen dit vir die kinders.”

Maar die twis duur voort.

Die klopse het gekom en gegaan, maar steeds twis die Kaapse stadsraad en die Cape Town Minstrel-vereniging (CTMCA).

· In die jongste ronde het Pascoe gister in ’n verklaring gesê Marius Fransman, ANC-leier in die Wes-Kaap, en Paul Mashatile, minister van kuns en kultuur, het Saterdag goedkoop politieke punte probeer aanteken deur by die klopse se karnaval aan te voer die ANC het vanjaar se karnaval gered.

· Hierop het die ANC en die CTMCA in ’n gesamentlike verklaring gesê die klopse is nie die “stadsraad se gaste” by hul eie feesviering nie.

Pascoe is daarvan beskuldig dat hy behep is met teorieë oor sameswerings en “ongesonde verdagmakery”.