Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 16°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Dinsdag


26°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 66%

Woensdag


24°C / 16°C

Wind 14km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 74%

Donderdag


23°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 68%

Vrydag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Nuus

Eerste ontvanger van medalje sterf

Deur Erika Gibson Donderdag 09 Januarie 2014 1:18 vm.

Oud-lt.kol. Andries (Aap) Moller kort nadat hy die Honoris Crux-medalje vir dapperheid in 1973 ontvang het.

Die eerste ontvanger van die Honoris Crux-medalje vir dapperheid is vandeesweek oorlede.

Oud-lt.kol. Andries (Aap) Moller is eergister nog geopereer weens onder meer ’n obstruksie in sy ingewande, maar is laat die aand in 2 Militêre Hospitaal in Kaapstad dood.

Moller (66) was ’n lugmagvlieënier en is in 1973 met die eerste dapperheidsmedalje vereer vir ’n heldedaad in die bosoorlog.

Die voorval waartydens hy verskeie gewonde polisiemanne onder vuur uitgevlieg het, was luidens At van Wyk se boek Honoris Crux, ons dapperes, aan die grens tussen die Caprivi en Zambië naby Katima Mulilo.

’n Groep polisiemanne was in ’n skermutseling met insypelaars en verskeie is gewond. Die polisiemanne het later handgranate na die aanvallers gegooi om hulself te verdedig.

Moller en Flip de Bruin, sy medevlieënier, is ontbied om te gaan help en op pad soontoe is die Puma-helikopter raak geskiet. Moller het nietemin te midde van die skietery op die helikopter gaan land om die gewondes op te laai.

Op 16 Oktober 1973 het die destydse president, Jim Fouché, sy medalje by die Verdedigingshoofkwartier in Pretoria aan hom oorhandig.

Volgens oud-brig.genl. John Church, ’n voormalige kollega en steeds helikoptervlieënier, was Moller beskeie oor die toekenning. Min mense het ooit daarvan geweet totdat die boek verskyn het.

“Hy het diep spore as helikoptervlieënier getrap en het later ook BBP-stralers gevlieg.”

Moller het sy bynaam deels gekry weens sy voorletters, A.P., maar volgens Church ook omdat hy lang arms gehad het.

“Ons het hom altyd gespot dat hy die sandfilters voor op die helikopter kon draai terwyl hy in die helikopter bly sit het!”

Volgens Gert du Toit, nog een van sy helikoptervlieëniersvriende in Kaapstad, was Moller steeds by die Ysterplaat-lugmagbasis betrokke, al het hy in die vroeë 1990’s afgetree.

Hy het vroeër maagkanker gehad, maar dit was in remissie totdat hy verlede jaar weer siek geword het. Hy is kort ná Nuwejaarsdag in die hospitaal opgeneem.

Hy laat sy vrou, Engela, twee dogters en ’n seun agter.