25 Mei 07:24
15°C / 19°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


19°C / 15°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Dinsdag


18°C / 13°C

Wind 24km/h


Reënval 3.8mm


Humiditeit 81%

Woensdag


21°C / 13°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 66%

Donderdag


22°C / 14°C

Wind 16km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 68%

Vrydag


18°C / 15°C

Wind 23km/h


Reënval 12.4mm


Humiditeit 76%

Saterdag


18°C / 11°C

Wind 22km/h


Reënval 1.1mm


Humiditeit 83%

Nuus

ANC het 'goeie storie' om te vertel

Deur maryna lamprecht Vrydag 10 Januarie 2014 13:17

Nelspruit. - ANC-lede het 'n "goeie storie" om te vertel ná 20 jaar se demokrasie.

Só het Naledi Pandor, minister van binnelandse sake en senior lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Vrydag buite Nelspruit gesê.

Sy het met studente by 'n verpleegskool in Kabokweni gepraat en hulle aangemoedig om stemme vir die ANC te werf en seker te maak hulle gaan stem self in die 2014-verkiesing.

"Moenie toelaat dat enigiemand jou skaam maak oor jou organisasie nie. Ons moet trots wees op ons organisasie en op dit wat ons bereik het. 

"Die grootste truuk teen 'n beweging soos ons s'n is om ons depressief te maak, om ons teen onsself te laat draai en ons van ons vertroue in ons eie vermoëns te beroof."

Sy het die ANC se prestasies van die afgelope 20 jaar gelys en gesê die ANC-regering het 12 miljoen huise gebou, 8 miljoen werkgeleenthede geskep en gee daagliks vir 12 miljoen skoolkinders kos.

"Moenie enigiemand toelaat om jou te laat glo julle het nie gewerk nie - ons het. Moenie enigiemand toelaat om jou te laat glo ons het nie 'n (goeie) rekord nie. Vergewis jouself van ons rekord en verkondig dit aan die publiek."

Die ANC het hard baklei vir die reg om te stem en mense moet dié reg nie as vanselfsprekend aanvaar nie, het sy gesê.

Die ANC soek 'n oordonderende oorwinning en daarom moet almal registreer en gaan stem.