Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


27°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 75%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Woensdag


24°C / 15°C

Wind 14km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Donderdag


22°C / 14°C

Wind 23km/h


Reënval 0.6mm


Humiditeit 72%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Nuus

Kanker eis stigterslid van Silwer Valke

Deur Raymond Willemse Maandag 13 Januarie 2014 1:16 vm.

Kol. Chris Prins

Stellenbosch. – ’n Stigterslid van die Silwer Valke is gister as ’n pionier, legende en ’n besonderse leier beskryf.

Chris Prins (80) is verlede Vrydag in 2 Militêre Hospitaal in Wynberg aan kanker oorlede.

Prins se enigste kind, Chris jr., het gister gesê sy pa het diep spore in die Suid-Afrikaanse lugmag getrap. “Hy was ’n ongelooflike goeie vlieënier.”

Chris het gesê sy pa het op 19-jarige ouderdom as ’n vlieënier gekwalifiseer. “Op 36-jarige ouderdom het hy die jongste kolonel in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Weermag geword toe hy as bevelvoerder van die Langebaanweg-lugmagbasis aan die Weskus aangestel is.”

Prins was in 1967 die eerste leier van die Silwer Valke. Hy was deel van die oorspronklike Silwer Valke saam met maj.genl. Fred du Toit, kol. Theuns Prinsloo en kol. Chris Hattingh. Hattingh is ook al oorlede.

Prinsloo, ’n medestigterslid, het in ’n huldeblyk gesê die lugmag het ’n kranige en beminde vlieënier verloor. “Prins het verseker dat die gehalte opleiding van vlieëniers op die Impala-vliegtuie met die beste ter wêreld vergelyk kon word. Honderde lugmagvlieëniers kan vandag hierdie man bedank vir hul deeglike opleiding. Oor die jare het die Silwer Valke genot aan honderdduisende toeskouers verskaf. Die lugmag salueer ’n merkwaardige vlieënier.”

Volgens Prinsloo het die Silwer Valke destyds as die “Bumbling Bees” bekend gestaan. “Dit was egter ’n moeilik vertaalbare naam na Afrikaans. Onder sy leiding is die naam amptelik verander na die Silwer Valke.”

Chris het gesê hy onthou as kind hoe hy vir sy pa op die aanloopbaan gewag het. “Ek het in die kajuit geklim en my pa het my sy valhelm gegee. Ek onthou die reuk van sweet en lemoenskille in die kajuit.”

Prins word oorleef deur sy seun en twee kleinkinders, Larissa en Joshua. Sy vrou, Monica, is in 2011 oorlede. Hy word Donderdag 14:00 uit die Metodistekerk in Kerkstraat in die Strand begrawe.