Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Vrydag


24°C / 14°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


28°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 44%

Maandag


23°C / 13°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Dinsdag


19°C / 12°C

Wind 22km/h


Reënval 1.5mm


Humiditeit 82%

Nuusflitse
Ma ruil doek uit protes in restaurant Vyf sterf in helikopterongeluk Vier sterf toe bestuurder vir slang skrik Busontploffing eis sewe Dolfyn dryf swemmers uit die water Alkoholiste kry gratis drank Vulkaan: skokkende tonele begroet reddingwerkers ‘Ierse soldate amper nakend’ Australië gekap oor sluiers in parlement Steve sê hoekom hy Stem sing Ebola: VSA soek mense wat met pasiënt in aanraking was Man ernstig beseer in haai-aanval NFL steier onder insidente van geweld Twee dood toe taxi omslaan Stortvloed rou riool sorg vir chaos Vrou byna meegesleur toe riooltenk ontplof Ontbinde lyk in tas gevind Trein tref bakkie, bestuurder oorleef Drie sterf in KZN-ongeluk Ontploffing ruk Spaanse stadsaal Spesiale verslag: Te wreed vir woorde? Man in hof oor 'dwelmstrooitjies' Talle sterf in Siriese ontploffings Lyk van vermiste Britse meisie moontlik gevind Man ná 12 dae in grot gered Drie dood in haarsalon-ontploffing 'Organisasies ontbloot foutlyne in volk' - Koos Kombuis Japan se blitstrein word 50 Treinongeluk in Indië eis 12 Vulkaan: Dodetal in Japan styg steeds WWF: Mens het een en 'n half aarde nodig Joost en All Blacks ontmoet wéér ‘Vyfsterhotel’ brand in Mongolië Britse toeris glo twee keer verkrag voor moord Skole in Japan kry bomdreigement Thailand oorweeg ID-armbande vir toeriste iPhone 6 nou te koop in China Man vuur skoot by Ethiopiese ambassade Kankerdokter vas ná sy minnaar vergiftig Stop betogings, vra Hongkong-hoof Nóg 'n vulkaanuitbarsting dreig in Japan Turkye deur mortiere getref Egpaar kry lewenslank vir dierevideo’s Lufthansa-vlieëniers gaan Dinsdag wéér staak Viëtnam lê beslag op 40 kg se ivoor Ebola: Australië stuur nie dokters nie Vulkaan: Nog lyke van berg gebring Minnares kruip weg vir vrou, val na dood NK-ongeluk: Dodetal styg VSA-dokter blootgestel aan ebola Seun (15) doodgeskiet
Nuus

Van swaarkry tot skitterprestasies: Buitengewone toekennings:

Deur Marelize Barnard Dinsdag 14 Januarie 2014 9:39 nm.

KAAPSTAD. – “Ons ma het ons gelos ... Dit was nie die eerste keer nie.”

Mercia Mentoor, wat verlede jaar matriek geskryf het aan die Sekondêre Skool Klein Nederburg in die Paarl, vertel sy moes as ­laerskoolkind die ma in hul huis word vir haar twee kleiner boeties, toe een en drie jaar oud.

Haar ma het weggeloop en haar pa het op ’n plaas gewerk. Sy het dus die klere gewas en kos gekook in die plakkershuis in die woonbuurt Kingston, waar sy en haar boeties sonder enige volwassene in die huis moes regkom.

Sy moes ook ophou skoolgaan om haar boeties te versorg.

Mercia het gister een van drie buitengewone ministeriële toekennings ontvang vir ’n 2013-matrikulant wat ondanks groot persoonlike uitdagings steeds akademies uitstekend presteer het.

Sy het drie onderskeidings behaal, naamlik 85% in rekeningkunde, 85% in ekonomie en 83% in Engels eerste addisionele taal.

Mercia het by die geleentheid vir matrikulante wat presteer het vertel hoe haar ma se probleem met drankmisbruik daartoe gelei het dat sy haar gesin verlaat het. “Daarna moes ek kosmaak en wasgoed was. Ek kon nie skoolgaan nie.”

Die kinders is naderhand deur hul tannie, Sonia King van die Paarl, grootgemaak. En gister was King aan Mercia se sy om haar groot prys te ontvang.

“Ek het my ma gemis. Maar ek het haar ook verwyt,” het Mercia vertel.

Sy vermoed haar ma woon deesdae in die Strand.

“Ek dink dit gaan vandag nog so, sy misbruik steeds alkohol. Ek was ’n lang tyd bitter. Ek het haar by tye gehaat.”

Nou kyk Mercia na die toekoms. “Ek dink die prys is wonderlik. Dit is onverwags om so ’n prys te kry. Ek voel trots op myself.”

Die prys sluit in R8 000 kontant en ’n tabletrekenaar.

Mercia gaan BRek aan die Universiteit Stellenbosch (US) studeer. Sy was in haar matriekjaar deel van die Hope@Maties-program by die US en het ’n beurs gekry.

“My passie is rekeningkunde. Ek sal ’n jaar vir die regering wil gaan werk en ook later skool gee in rekeningkunde,” het Mercia gesê en geglimlag terwyl sy oor haar toekomsplanne praat.

Ministeriële toekennings:

) D.C. Prins van die Hoërskool ­Charlie Hofmeyr in Ceres het sy skoolloopbaan in ’n rolstoel aan ’n gewone hoërskool afgelê.

) Siyanda Sityata van die ­Hoërskool Joe Slovo in Khayelitsha het vier ­onderskeidings gekry, hoewel hy in baie moeilike omstandighede ­grootgeword het. Hy is talle kere aangeval en beroof terwyl hy ná skool en oor naweke ekstra klasse bygewoon het.

Uitstekende prestasie, ondanks beperkende omstandighede:

) Bianca Nel van die Jan Kriel Skool;

) Lorenzo Daniel Andrews, gehoorgestremd, van die Dominican Grimley-skool in Houtbaai; en

) Karin van Wyk, siggestremd, van die Pionierskool in Worcester.