Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 16°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Dinsdag


26°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 66%

Woensdag


24°C / 16°C

Wind 14km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 74%

Donderdag


23°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 68%

Vrydag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Nuus

Olifant-aanval ‘kon verhoed word’ – kenner

Deur sapa Woensdag 15 Januarie 2014 5:34 nm.

Twee toeriste kon ’n aanval deur ’n olifant in die Kruger Nasionale Park vermy indien hulle geweet het hoe om die olifant se lyftaal te lees, het ’n dieregedrag-kenner gesê.

Les Hes, ’n wildlewe-gids met 35 jaar se ervaring in die lees van dieregedrag, het gereageer op videomateriaal van die aanval wat vandeesweek op die internet versprei is, het ’n Sapa-korrespondent Woensdag berig.

Die toeriste, Sarah Brooks van Brittanje en haar Suid-Afrikaans gebore verloofde, Jans de Klerk, het twee weke gelede in die nuus beland toe die olifant hul motor naby die N’waswitshaka-watergat by Pretoriuskop aangeval het. Brooks en De Klerk woon in Spalding in Brittanje.

Die aanval het op 30 Desember plaasgevind.

Die twee het die olifant op ’n grondpad gevolg. Die olifant het omgedraai, hul motor omgegooi en dit honderde meters die bos in gestoot.

Enkele sekondes voor die aanval het die olifant vlugtig na hulle omgedraai en toe aanhou stap.

Een van die olifant se tande het Brooks se dy deurboor. Sy is per helikopter na die Mediclinic in Nelspruit geneem en op 6 Januarie ontslaan.

Die park het besluit om die olifant van kant te maak, aangesien dit glo ook voorheen aggressiewe gedrag teenoor ander olifante openbaar het.

Hes glo egter die toeriste het te naby aan die bul-olifant gery en hul kon steeds uit die gevaarlike situasie ontsnap. 

“Dit is eintlik baie tragies dat hulle besluit het om hierdie olifant te skiet oor twee toeriste wat dom opgetree het ... wanneer ’n mens na die video kyk, is dit duidelik dat dit beslis die toeriste se skuld was. Hierdie is waarskynlik mense wat geen kennis van olifantgedrag het nie. Om reg agter die olifant te ry, was ’n betreding van ruimte,” het hy gesê.

“Soos die olifant na sy kant draai, is dit duidelik dat die motor hom steur en die toeriste moes betyds besef het hulle moet wegkom.”

Hes het gesê die groei van die olifantbevolking in die Kruger Nasionale Park en ’n toename in die hoeveelheid toeriste wat die park besoek, verhoog die moontlikheid van dié soort aanvalle.

Hy het gesê mense wat olifante kyk moet minstens 15 meter weg van hulle bly en moet altyd ’n ontsnappingsroete in gedagte hou.

“Lees die dier se gedrag. Daar sal altyd ’n duidelike teken wees om jou te laat weet as hy aggressief is,” het Hes gesê.

Ike Phaahla, woordvoerder van SA Nasionale Parke, het saamgestem die paartjie het nie op ’n veilige afstand gebly nie.

“As ’n mens na die video kyk, blyk dit hulle het die dier van te naby gevolg. Hulle moes weggery het toe dit omgedraai het.”

Hy het gesê dit is moeilik om ’n besliste gevolgtrekking te maak as ’n mens nie saam met die paartjie in die motor was nie.

Volgens Phaahla is mense al in die verlede uit die park verban weens roekelose gedrag. Hy wou egter nie sê of dít op Brooks en De Klerk van toepassing is nie.