Kaapstad Verander Area

Vandag


29°C / 16°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Maandag


33°C / 19°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 25%

Dinsdag


36°C / 17°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 18%

Woensdag


26°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 66%

Donderdag


27°C / 15°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 44%

Vrydag


31°C / 17°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 41%

Nuus

Korkie: Losprys kwel kenner

SA burgers dalk as sagte teikens gesien

Deur Verslagspan Sondag 19 Januarie 2014 22:21

Yolandé Korkie

Bloemfontein. – Pierre ­Korkie se ontvoerders in Jemen sal nie weer uitstel gee vir die betaling van die losprys nie.

Só sê prof. Hussein Solomon, terreurkenner en lektor in politieke wetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat (UV).​

 Pierre is ’n voormalige onderwyser van Bloemfontein.

Sy ontvoerders in Jemen het eergister die spertyd vir die betaling van die losprys van miljoene rande tot 8 Februarie uitgestel. Die geld moes oorspronklik eergisteroggend vroeg betaal gewees het.

Die ontvoerders het van Woensdag af alle kommunikasie met Anas al-Hamati, Jemenitiese kantoorhoof van Gift of the Givers, 72 uur lank verbreek.

Al-Hamati het weer Vrydag per telefoon met die ontvoerders probeer kontak maak. Daar was geen antwoord nie en hy het ’n boodskap gelos dat hy hulle wil ontmoet.

Hulle het teruggebel en ingestem om hom te ontmoet.

Al-Hamati het die ontvoerders eergister omstreeks 04:00 in ’n motor in ’n Jemenitiese provinsie ontmoet.

Dr. Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers, sê die ontvoerders het aangedui Pierre leef nog, maar is nie gesond nie.

Sooliman sê die ontvoerders het onderneem om in die komende dae verder met Gift of the Givers oor Korkie se vrylating te onderhandel.

Volgens Solomon is die feit dat die ontvoerders die spertyd uitgestel het, ’n aanduiding dat hulle desperaat vir geld is.

Solomon hoop egter dat Pierre, nes sy vrou, Yolandé, vrygelaat sal word sonder ’n losprys.

Yolandé, wat nou veilig by haar kinders in Bloemfontein is, is Vrydag 10 Januarie vrygelaat.

Solomon meen as ’n losprys vir Pierre se vrylating betaal word, sal dit ernstige gevolge vir Suid-Afrika kan inhou.

“Dit is vir my kommerwekkend dat Suid-Afrikaners in die toekoms miskien as ’n sagte teikens (om ontvoer te word) beskou kan word.”

Sooliman sê Al-Kaïda voer ’n oorlog in die land en is doodernstig met hul eise.

Hy het verwys na ’n voorval eergister in die hoofstad Sanaa waarin Ali Asghar Assadiin, ’n Iranse diplomaat, in ’n skietgeveg buite die Iranse ambassadeurswoning dood is.​​