Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 18°C

Wind 23km/h


Reënval 0.7mm


Humiditeit 69%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 3.6mm


Humiditeit 49%

Sondag


30°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 36%

Maandag


33°C / 17°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 29%

Dinsdag


27°C / 18°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Woensdag


24°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 51%

Nuusflitse
Ocean Basket moet sy vis regkry op spyskaart Eugene de Kock kry parool Man kry toesig oor babas van surrogaatma’s Bloemfonteinse polisieman sterf in motorfietsongeluk Ontvoerde Duitsers in Paraguay dood gevind Van Breda's: Vriendin van gesin neem haar eie lewe Bedfordsentrum: Transito-baasbrein vas Treinwa ontspoor in Kaapstad Rentekoers bly onveranderd Max du Preez kry nuwe ‘tuiste’ Vrou in haar Witbank-huis aangeval ​Gene Hackman-gerugte is onwaar AirAsia-ramp: Mede-vlieënier het vliegtuig gevlieg Islamitiese Staat verleng sperdatum vir terroris se vrylating Thomas Ferreira se lewe 'beëindig' - landdros Bylmoorde: Pa was bekommerd oor misdaadsituasie ​Johnny Depp herstel van ‘chupacabra-aanval’ ​Voltaire se boek ’n topverkoper ANC wil grondbesit beperk Polisie speel groot rol in ernstige misdaad - SAIRV Krokodil byt man van Pretoria aan been 4 mense sterf in bankdrama in Rusland De Zalze-bloedbad: 16-jarige is nog kritiek Beweerde metropolisie-roof: 2 verskyn in hof IS eis vrylating van terroris in ruil vir gyselaars Belastingbetalers dok op vir Ace Magashule se 72 gaste in Kuba 3 gesinslede dood in bloedbad by gholflandgoed Belfast-stadsraad: ‘Vermy vis op straat’ Vegvliegtuig stort neer: Dodetal styg tot 11 ANC gaan vir Selebi-begrafnis betaal 7 huiskomiteelede van Potch voorlopig geskors 3 mense op De Zalze vermoor Metropolisie beroof glo ma, 2 kinders Fliek oor FW de Klerk draai in die VSA Facebook-gebruikers ruk lank ‘in duister’ 10 dood toe vegvliegtuig teen ander vliegtuie bots Brandfort: Oë rek oor reuse-uitgawes Top-spioen in hof oor bedrog
Nuus

Poubloues 2 Leeus ryker

Bezuidenhout, Meyer op pad na Kby

Deur Gerdie Karstens Dinsdag 21 Januarie 2014 20:46

GRIEKWAS het die diens van twee Leeu-staatmakers vir die Vodacombeker- en Curriebeker-reeks bekom.

Die haker Martin Bezuidenhout en die skrumskakel Tian Meyer, wat albei sterk aanspraakmakers op insluiting in die Cheetahs se Super-span sal wees, sluit hulle later vandeesweek in die Diamantstad aan.

Die Poubloues het hulle as plaasvervangers vir onderskeidelik Matt Dobson en Ruan Snyman gekontrakteer.

Dobson, wat die afgelope paar seisoene Ryno Barnes se adjudant op haker was, het ’n kontrak losgeslaan om in Engeland te gaan klubrugby speel. Snyman, wat vir die Franse klub Racing Metro speel, is beseer en daar is twyfel oor sy deelname vir die Poubloues. Hy sou hom in Junie vir die Curriebeker-reeks by Griekwas aangemeld het, maar Meyer sal in sy plek op skrumskakel help diepte verskaf.

Bezuidenhout sal voorlangs die vuur help stook.

“Ons wag nog vir Matt Dobson om aan te dui waar hy gaan speel, maar ons het verneem hy is op pad oorsee. Ons is werklik bly om iemand van Martin Bezuidenhout se gehalte in sy plek te kontrakteer.

“Ruan se koms is 99% seker en ons het ’n mondelinge ooreenkoms dat hy hom wel tot ons gaan verbind. Ons wag net dat hy sy kontrak onderteken. “Albei behoort later in die week by ons aan te sluit,” het Griekwas se uitvoerende hoof, Arni van Rooyen, gister gesê.

Bezuidenhout, wat ook Super-rugby vir die Stormers gespeel het, sal met sy koms nie net goeie mededinging vir Simon West-raadt wees nie, maar Barnes ook op sy tone hou. Dieselfde geld Meyer wat met sy uithaler-spel beslis die ander skrumskakels in die groep, Dustin Jinka en Ntando Kebe, onder druk sal plaas.

Met hul aansluiting in die Diamantstad sal albei dadelik saam met hul nuwe spanmaats begin slyp en sal hulle ook die beplande toer na die Oos-Kaap onderneem.

Die Poubloues se Vodacombeker-afrigter, Peter Engledow, het die afgelope naweek in sy span se losmaker teen die Cheetahs se B-span op Shimlapark heelwat wys geword, maar hy sal Bezuidenhout en Meyer beslis die geleentheid gee om hulself te bewys.

Albei kan op die toer in die vriendskaplike wedstryd teen die OP-Kings kans kry om hul kleim in die beginspan af te steek.