Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 16°C

Wind 30km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 74%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Dinsdag


29°C / 17°C

Wind 25km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Woensdag


23°C / 17°C

Wind 37km/h


Reënval 1.9mm


Humiditeit 61%

Donderdag


22°C / 14°C

Wind 21km/h


Reënval 5.7mm


Humiditeit 70%

Vrydag


22°C / 15°C

Wind 20km/h


Reënval 0.6mm


Humiditeit 63%

Nuus

Twee in hof ná mesaanval op vrou

Deur Jackie Kruger Vrydag 21 Februarie 2014 3:35 vm.

GEORGE. – Twee mans het gister in die hof verskyn nadat ’n plaaslike sakevrou Woensdag met ’n mes aangeval is.

Frendeline Stellenberg (38), eienaar van die begrafnisondernemer George Funeral Home, is Woensdagoggend by haar huis in George-Suid deur twee mans oorval.

Volgens die polisie het sy 23 steekwonde opgedoen. Sy is na ’n plaaslike hospitaal geneem. Haar toestand is ernstig, maar bestendig.

Albei mans is Woensdag ná die voorval in hegtenis geneem.

Die mans – Jimmy Sampson (47) en Karl Stellenberg (50) – het gistermiddag vlugtig in die landdroshof in George verskyn op aanklag van poging tot moord.

Die saak is tot 27 Februarie uitgestel. Albei bly in aanhouding, het kapt. Bernadine Steyn, ’n polisiewoordvoerder, gesê.

Die mes waarmee Stellenberg vermoedelik gesteek is, is vroeër deur Oscar, ’n polisiehond van die K9-Outeniqua-eenheid, in digte gras langs PW Botha-boulevard gevind.