Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


27°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 78%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Woensdag


24°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Donderdag


25°C / 16°C

Wind 16km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Nuus

Twitter swymel oor DA se Tim

Deur Maryna Lamprecht Sondag 23 Februarie 2014 10:53 nm.

Tim Harris (34) Foto: denvor de wee

KAAPSTAD. – Tim Harris (34), DA-LP, se vrou is min gespin daaroor dat haar man skynbaar talle Suid-Afrikaanse vroue se knieë lam maak.

Trouens, sy is dit eintlik gewoond.

Die DA se aantreklike woordvoerder oor finansies was die laaste ruk meer in die nuus vir sy voorkoms as vir die DA se ekonomiese beleid.

Hy en sy vrou, Cara Louise, het by vanjaar se parlementsopening en staatsrede skaars hul voete op die rooi tapyt gesit toe is Twitter reeds aan die brand.

Met vroue wat foto’s van ’n glimlaggende Harris die wêreld in getwiet het, het “Tim Harris” op dié sosiale netwerk getrend nog voor pres. Jacob Zuma “ekonomiese transformasie” kon sê.

“My genade! Ek kwyl in my mond terwyl ek in die verkeer sit . . . Tim Harris!” het een getwiet.

En ’n ander: “Ek wonder hoe dit moet wees om elke oggend langs Tim wakker te word. *Beswyming* Ek gaan hom my screensaver maak.”

Harris het gister met ’n selfbewuste laggie gesê nie hy of sy vrou is ongemaklik met dié aandag nie.

“My vrou is gewoond daaraan dat ek in die kollig is sedert ek ’n LP geword het. Ons ken mekaar al lank en dis nie vir haar snaaks om met iemand in die openbare oog getroud te wees nie.”

Harris is ’n gebore Kapenaar. Hy het in Durban grootgeword, maar in 1998 teruggetrek Kaapstad toe en ’n meestergraad in ekonomie aan die Universiteit van Kaapstad verwerf.

Hy en Cara Louise het 13 jaar gelede in ’n kuierplek in Kaapstad ontmoet.

Hulle vier volgende maand hul derde huweliksherdenking en het ’n 20 maande oue babadogter, Neve.

Oor kwylende aanhangers se opmerkings het Harris net gelag.

“Solank mense aandag skenk aan die DA se idees oor hoe om die ekonomie aan die werk te kry, dink ek dit is ’n goeie ding,” het hy gesê.