Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 29km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 53%

Maandag


20°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 25.8mm


Humiditeit 88%

Dinsdag


22°C / 15°C

Wind 17km/h


Reënval 2.7mm


Humiditeit 74%

Woensdag


23°C / 15°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Donderdag


30°C / 18°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Nuusflitse
Student verongeluk op pad na verloofde 4 werkers sterf toe brug ineenstort Man val laerskoolkinders met mes aan 4 mense dood en 14 beseer in ongelukke op Van Reenenspas Sataniste soek swart katte in Hongarye Man dood in Tafelberg-tragedie Zambiër vas oor hy in lug skiet ná president se dood ‘Hongarye sit internetbelasting eers op ys’ Miley Cyrus se rok skok Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind
Nuus

NOP vorm grondslag van begrotingsrede

Deur Philda Essop Donderdag 27 Februarie 2014 5:11 vm.

KAAPSTAD. – Die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) het gister die grondslag van Pravin Gordhan, minister van finansies, se begrotingsrede gevorm.

Hy het altesaam 14 keer in sy toespraak van 34 bladsye die woorde “Nasionale Ontwikkelingsplan” of “NOP” gebruik.

Die tyd het aangebreek vir ’n sterk visie soos in die NOP uiteengesit is. “Dit is tyd vir aksie en toepassing,” het hy gesê.

Ofskoon die nuwe regering ná die verkiesing planne vir die toepassing daarvan gaan bekend maak, het hy deurentyd daarna verwys.

Vennootskappe – ’n maatskaplike verdrag om armoede en ongelykheid te verminder – speel ’n belangrike rol in die NOP.

“Om vinnige vordering in werkskepping en armoedeverligting te maak, moet ons die ekonomie jaarliks teen 5% of meer laat groei. Om dít te bereik en om ’n groeikoers te skep wat inklusief is en vinnige swart ekonomiese ontwikkeling bevorder, is ’n wye reeks inisiatiewe op pad.”

Werkskepping is net so belangrik, het Gordhan gesê. Miljarde rande is bestee aan strategieë om werkskepping en ontwikkeling onder jeugdiges te bevorder.

Die NOP beklemtoon ook dat verbeterde onderwys uiters belangrik is vir Suid-Afrika. Daarom skenk die begroting “besondere voorkeur” daaraan.

Maatreëls om ekonomiese groei aan te spoor, word ook in die NOP uiteengesit. Meer inklusiewe groei word in die vooruitsig gestel, het Gordhan gesê.

Die regering is ook daartoe verbind om beleidsekerheid vir plaaslike en buitelandse beleggers te skep.

Suid-Afrika het ook goeie vordering gemaak met die NOP se doelwit dat tot 90% van landsburgers teen 2030 toegang tot finansiële dienste sal hê. Altesaam 79% van alle Suid-Afrikaners het in 2013 van gereguleerde finansiële dienste gebruik gemaak.