Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Dinsdag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Woensdag


22°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 77%

Nuusflitse
Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp
Nuus

Twee sinkgate val in op paaie

Deur Elise Tempelhoff Donderdag 27 Februarie 2014 10:43 nm.

Die sinkgat langs die R500 het ’n telefoonpaal feitlik heeltemal ingesluk. Foto: felix dlangamandla

Twee reuse-sinkgate het op paaie aan die Wes-Rand ingeval.

Een, langs en gedeeltelik onder die R500 tussen Carletonville en Randfontein, het die afgelope naweek ontstaan, het Wiekus Myburgh, bestuurder van nooddienste by die Westelike Distriksraad, gister gesê.

Dié pad is intussen vir verkeer gesluit en ’n ander roete oor ’n nabygeleë plaas in die omgewing is oopgestel.

Dié sinkgat het feitlik ’n hele telefoonpaal ingesluk. Na verneem word, is die sinkgat 17 m diep en 20 m in deursnee.

Die ander sinkgat het sowat tien dae gelede op ’n plaaspad in die omgewing van Tarlton ingeval. Volgens ’n wetstoepasser van die departement van omgewingsake is dié sinkgat sowat 30 m diep, 40 m lank en 60 m breed. Dit het ingeval op Greenway Farm, ’n plaas bo-op die Steenkoppies- dolomitiese kompartement.

’n Voorlopige ondersoek deur die Blou Skerpioene (die departement van waterwese se wetstoepassers) het gewys afloopwater is gekanaliseer en in ’n boorgat gepomp om te voorkom dat landerye verspoel.

’n Ondersoek sal moontlik ingestel word om vas te stel of die waterwet oortree is.

Die sinkgat het sowat 25 m van die naaste huis ingeval.

Verskeie krake in die omgewing van die sinkgat wys daarop dat nog gate hier kan inval.

Myburgh het gesê dit het die laaste tyd baie in die omgewing gereën en die gebied is geneig om sinkgate te vorm.

Garfield Krige, geoloog en waterwetenskaplike, het gesê die sinkgat by die R500 is vermoedelik veroorsaak deur ­reënwater wat oor etlike jare op die pad versamel het en stelselmatig deur die dolomitiese kors gevreet het.

Reën­water is suur, het hy gesê.

Vito Rugani, direkteur van Greenway Farms, kon nie vir kommentaar opgespoor word nie.