Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


27°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


26°C / 16°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Dinsdag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Woensdag


23°C / 15°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Nuus

‘SA stuur af op tweepartystaat’

Deur Susan Cilliers Sondag 02 Maart 2014 8:35 nm.

Moeletsi ­Mbeki

Potchefstroom. – Suid-Afrika stuur af op ’n twee- of hoogstens driepartystaat omdat mense van alle klasse toenemend saam die bedreiging van onder meer korrupsie voel.

Dít was verlede week die voorspelling van Moeletsi ­Mbeki, politieke ontleder, op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus.

Hy en Ebrahim Fakir, ook ’n politieke ontleder, het gepraat oor die rol van opposisiepartye in Suid-Afrika se 20ste jaar van demokrasie.

Mbeki het gesê dat Suid-Afrika tans 237 geregistreerde politieke partye het, wys ons grondliggende probleem uit: wanneer daar so baie agendas is, verwater dit en word dié partye al hoe minder gehoor.

Mbeki het ’n ontleding gedoen van verskillende klasse in Suid-Afrika, onder meer die politieke elite, die ekonomiese elite en die werkersklas.

“Die ekonomiese elite belê nie noodwendig in Suid-Afrika nie en voer baie kapitaal uit, uit vrees dat hulle hul geld gaan verloor as die politieke dit in die hand kry.”

Mbeki het gesê die ekonomiese elite kan moontlik nog ’n groot opposisiefaktor word om mee te reken omdat die DA grootliks die middelklas verteenwoordig

Daarenteen is 70% van ANC-ondersteuners werkloos, wat beteken werklose, arm mense is tans die heersende klas. Mbeki meen juis daarom is ­Julius Malema se EFF ’n groot bedreiging vir die ANC omdat die EFF toegang tot armes het.

Mbeki meen wat die armes, werkers in die formele sektor en ekonomiese elite toenemend saamsnoer, is wanbestuur en ekonomiese korrupsie.

Dit bedreig onder meer armes se toelaes.

Fakir het gesê ons Grondwet skep ruimte vir opposisie, maar dat dit nie noodwendig in ’n georganiseerde vorm soos ’n politieke party hoef te wees nie.

Burgerlike groepe kan ook hul stem dik maak.

“Demokrasie kan tirannie word as minderhede geen sê het nie en daarom word minderheidsregte ook in ons Grondwet beskerm,” het Fakir gesê.

Ongelukkig is Suid-Afrika in die “absurditeit” vasgevang dat ons aan die een kant bevoorregte mense met oorvloed het, en aan die ander kant armes en onderontwikkeldes.

“Dit lei tot sosiale probleme soos hoë misdaadvlakke, korrupsie en protes in strate.”

In Suid-Afrika sukkel opposisie-sienings om werklik sosiale geloofwaardigheid te kry.

“Navorsing sedert 2005 wys net 25% mense in ons land het ’n mate van vertroue in politieke partye,” het Fakir gesê.