Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


27°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 75%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Woensdag


24°C / 15°C

Wind 14km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Donderdag


22°C / 14°C

Wind 23km/h


Reënval 0.6mm


Humiditeit 72%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Nuus

Oscar-hofsaak: volg twiets uit die hof

Maandag 03 Maart 2014 2:51 nm.
Volg Beeld se verslaggewers se twiets uit die hof oor die Oscar Pistorius-verhoor hier.
15:46
03 Mar

Hof verdaag tot 9:30 more. #OscarPistorius

15:45
03 Mar
15:44
03 Mar

Roux het 'n reputasie vir kwaai kruisondervraging, maar hierdie getuie is dalk net so kwaai soos hy.

15:40
03 Mar

Burger steeds selfversekerd, lyk nie verbouereerd deur kruisondervraging nie.

15:38
03 Mar

Burger: op Sky News/CNN lugfoto's gesien waar hulle huis en #OscarPistorius se huis is. Skote was vanaf Silver Woods.

15:36
03 Mar

Jy vrees net so wanneer jou lewe bedreig word. Daardie vrou se lewe was bedreig. 

15:35
03 Mar

Ons was beide geskok dat #OscarPistorius sê hy het gedink dit was 'n inbreker, want dit rym nie met wat ons gehoor het nie. 

15:34
03 Mar

Ek neem musiek van kleins af. Ek hoor ritme. Vir my was dit duidelik 4 skote.

15:33
03 Mar

Burger: haar man was op die balkon toe sy die skote gehoor het. Sy weet nie hoe goed haar man se gehoor is nie.

15:33
03 Mar

Roux: Ek probeer verstaan hoe dit moontlik is dat jou man meer skote gehoor het as jy.

15:32
03 Mar

Nel maak beswaar: Die getuie het haar weergawe gegee, sy het die vraag beantwoord. Ons moet aanbeweeg.

15:32
03 Mar
15:29
03 Mar

'n Ander buurman het gesê hy het 'n man hard hoor huil "Nee, asseblieff!" Burger: Ek het dit nie gehoor nie.

15:28
03 Mar

Roux: Motshwana het ‘n man hoor huil, soos 'n pynkreet.

15:28
03 Mar
15:27
03 Mar

Roux: Kom ons toets jou gehoor.

15:27
03 Mar

Roux: Hoe is jy oortuig dis skote as jy nog nie krieketkolfslae gehoor het nie? #OscarPistorius

15:26
03 Mar

Burger: sy was in kar toe sy #OscarPistorius se borgtogaansoek oor radio gehoor het. Kan nie verstaan hy't niemand hoor skree.

15:26
03 Mar

As hy sê niemand anders het geskree nie, kan ek dit nie verstaan nie, want ek het haar gehoor, 177m weg.

15:25
03 Mar

Roux: Hoekom sal beide man en vrou om hulp skree? Burger: Ek weet nie

15:24
03 Mar
15:23
03 Mar

Burger: Ek het geen twyfel nie, ek het skote gehoor, 4 skote. Ek het nie krieketkolfslae gehoor nie. 

15:22
03 Mar

Burger: My vensters was oop, want dit was 'n warm aand. 

15:21
03 Mar

Burger: Ons leef in 'n uiters veilige buurt. #OscarPistorius

15:20
03 Mar

Roux probeer nou wys dat Burger beperkte kennis het van hoe vuurwapenskote klink.

15:20
03 Mar

Burger: Ek's seker skote sou harder klink as krieketkolf wat deur stukkend slaan. 'n Skoot se klank gaan ver.

15:19
03 Mar

Roux vra hoekom Burger nie krieketkolfslae gehoor het nie. Sy sê skote is harder. #OscarPistorius

15:18
03 Mar
15:18
03 Mar

Burger: sy was 177 m van #OscarPistorius se huis af. #OscarPistorius

15:17
03 Mar

Burger: Ek's seker dit was 'n vrou. #OscarPistorius @Beeld_Nuus

15:16
03 Mar

Burger: Ek is 100% seker ek het twee mense hoor gil. 'n Vrou se stem en 'n man se stem. #OscarPistorius

15:15
03 Mar

Roux: If Mr. #OscarPistorius is really anxious, he pitches his voicce. If I say he could have sounded like a woman?

15:15
03 Mar

Roux: #OscarPistorius was baie angstig, hy het geskree. Burger: ek het hom nog nie hoor skree nie.

15:13
03 Mar

Roux: Hoe slaap jy na so iets traumaties? Burger: My suster se baba is Vrydagaand dood. Ek het geslaap. #OscarPistorius

15:12
03 Mar

Burger: Sy het die man net 3 keer hoor roep, nie weer nie. #OscarPistorius

15:11
03 Mar

Burger: het toe aan haar man gesê sy hoop nie die vrou sien hoe haar man doodgeskiet word in huisbraak nie. #OscarPistorius

15:11
03 Mar

Ek was wakker van die gille, tot na die laaste skoot, ek kan nie sê wanneer ek weer aan die slaap geraak het nie.

15:10
03 Mar
15:10
03 Mar

Tolk storm uit die hof, oënskynlik weens verstikking van die water wat sy drink.

15:08
03 Mar

Burger: sy het man 3 keer "help" hoor roep. 

15:07
03 Mar

Die emosie in haar stem was anders as in syne. Haar stem was desperaat.

15:06
03 Mar

Roux: Ek stel dit aan jou dat die krieketkolfslae soos skote kan klink.

15:05
03 Mar
15:01
03 Mar

Roux aan Burger: u het in u hoofgetuienis geen geskree genoem na die skote nie. #OscarPistorius

14:59
03 Mar

Nel: Die getuie weerspreek haarself nié. #OscarPistorius

14:58
03 Mar

Nel lees voor: Ek hoor die vrou gil en toe vier skote. Die vrou het die laaste gil gegee 2s nadat die skote opgehou het.

14:57
03 Mar

Getuie verlaat hof, sodat Nel met regter kan praat.

14:56
03 Mar

Roux vra hoekom Burger nie ook in verklaring sê sy het gille tydens die skote gehoor nie. 

14:54
03 Mar
14:52
03 Mar

Roux probeer te kenne gee Burger oordramatiseer. Sy hou vol sy het dit toe al vir polisie gesê. 

14:50
03 Mar

Burger staan sover sterk onder Roux se kruisondervraging.

14:50
03 Mar

Roux: Jou getuienis hier is baie meer ernstig, baie meer dramaties. Jy praat van "bloedstollende gille". 

14:49
03 Mar

Roux sê Burger praat net van "gil", enkelvoud. Nel kap terug: "Jy kan nie in Afr. praat van 'ek hoor 'n vrou gille' nie."

14:47
03 Mar

Roux: In jou verklaring sien ons nie die woord bloedstollend nie. #OscarPistorius

14:45
03 Mar
14:42
03 Mar

Roux gaan nou waarskynlik Burger se getuienis in hof teen haar beëdigde verklaring toets.

14:42
03 Mar

Burger se "deurmekaar aand" is verkeerdelik vertaal as "confusing". Sy het nooit gesê dit was "verwarrend" nie.

14:33
03 Mar
14:31
03 Mar

Getuie slaan oor na Engels, want Afrikaanse tolk sukkel te veel.

14:31
03 Mar

Burger: alles wat sy in die hof sê, het sy aan kapt. Mike van Aardt van die polisie vertel. #OscarPistorius

14:30
03 Mar

Dis iets wat jou koud maak. Dis iets wat jy nie in 'n hof kan beskryf nie. - Burger oor die gille. 

14:30
03 Mar
14:28
03 Mar

Ek was oortuig dat die vrou aangeval word deur rowers, as gevolg van die vrees in die vrou se stem. #OscarPistorius

14:28
03 Mar

Die laaste keer wat ek die vrou hoor gil het, was net na die laaste skoot. #OscarPistorius

14:27
03 Mar

Burger nou in Engels: I was woken up by a woman's petrified screams...#OscarPistorius

14:26
03 Mar

Ek het wakker geword van 'n vrou se bloedstollende gille, toe haar hulpkrete, toe 'n man se hulpkrete, weer gille, toe skote. 

14:26
03 Mar

Burger: ek het nie met stophorlosie gesit en skote se tyd geneem nie. Roux aan Burger: u is nie seker nie. U pas aan, spekuleer.

14:25
03 Mar

Die getuie moet vir die tolk voorsê hoe om haar getuienis te vertaal, want die tolk sukkel. 

14:24
03 Mar

Burger: die skote het vinnig gegaan. Ek het dit nie verwag nie, nie so nie, nie daardie aand nie. #OscarPistorius

14:23
03 Mar

Burger: sy kon moontlik tydens of net na die laaste skoot geskree het. 

14:23
03 Mar

Dieselfde vrou wat my wakker geskree het, daai selfde vrou, het ek weer gehoor ná die skote. 

14:23
03 Mar

Burger: dit kan wees dat sy na die skote gegil het. Ek het haar stem gehoor, net na die tyd. #OscarPistorius

14:21
03 Mar

 Burger: dit kan wees dat sy saam met die laaste skoot geskree en haar stem toe weggekwyn het. 

14:20
03 Mar

 Burger: maar ek kan getuig dat die vrou tydens die skote geskree het. Na die skote, het haar stem weggekwyn. 

14:19
03 Mar

Burger: Ek het nie presies opgelet by watter skote daar gille teenwoordig was nie.

14:19
03 Mar

Burger: Toe die skote begin, het ek weer die vrou hoor skree. Tydens die skote skree sy. Toe kwyn haar stem. 

14:17
03 Mar

Burger: Van die woorde wat die tolk gebruik, is nie reg en dan help sy haar reg. Sy is gemaklik met die tolk. 

14:16
03 Mar

Burger: Ek probeer verduidelik dit was nie soos enige ander aand nie. #OscarPistorius

14:16
03 Mar

Burger klink emosioneel toe sy sê hoe traumaties dit was om die vrou se "absolute verskrikte gille" te hoor.

14:15
03 Mar

Burger: die gebeure daardie nag was uiters traumaties. Die vrees in die vrou se stem was traumatiserend. 

14:14
03 Mar

Burger: Ek was wakker en ek het weer geslaap. Dis wat ek bedoel het met deurmekaar. 

14:13
03 Mar

Roux: Jy het gesê dit was 'n deurmekaar aand. Wat het jy daarmee bedoel? 

14:13
03 Mar

Burger: my verklaring by die polisie is presies soos wat ek dit gehoor het. #OscarPistorius

14:12
03 Mar

Ek is seker ek het 4 skote gehoor. Ek kan nie namens my man praat oor sy getuienis nie. 

14:11
03 Mar

Roux: was u man dan verkeerd? Burger: my man sal binnekort getuig en die vrae beantwoord.

14:10
03 Mar

Burger: ek en my man is al meer as 20 jaar saam. Hy is eerlik.

14:10
03 Mar

Wat ek probeer oordra aan die hof, is dat ek eerlik is met die hof en my man sal ook eerlik wees met die hof. 

14:09
03 Mar

Burger: daar was geen geleentheid (occasion) toe my man met sy weergawe volgehou het nie. #OscarPistorius

14:08
03 Mar

Roux herhaaldelik aan Burger: wanneer het u man "volgehou" (stick) by sy weergawe? #OscarPistorius

14:07
03 Mar

Burger: ons is onder eed. Ons hou by wat ons gesê het. Ek kan net getuig wat ek gehoor het. #OscarPistorius

14:06
03 Mar

Burger: My getuienis is myne, wat my man gehoor het, is syne, en ons hou by ons getuienis.

14:06
03 Mar

Burger: Ek en my man het apart verklarings afgelê. My man het gesê daar was klomp skote. #OscarPistorius

14:05
03 Mar

Burger: my man was nie seker hoeveel skote. Ek het punt gemaak om nie sy verklaring te lees nie. 

14:04
03 Mar

Burger sê haar man het 4,5 of 6 skote gehoor. "Ek het nie sy verklaring gelees nie." 

14:03
03 Mar

Burger hou onder kruisondervraging vol sy het 4 skote gehoor nadat sy wakker geword het van 'n vrou se gille. 

14:03
03 Mar

 Burger: Ek het 4 vuurwapenskote gehoor na sekuriteit gebel is. My man gaan self kom getuig hy het skote gehoor.

14:02
03 Mar

Ek het 'n oproep gemaak en toe was daar nog vreesbevange gille en toe die skote. - Burger.

14:00
03 Mar

@MaridaFitz: Ek het 'n oproep gemaak en toe was daar nog vreesbevange gille en toe die skote. - Burger.

14:00
03 Mar

@MaridaFitz "Ek het wakker geword deur 'n vrou se angsgille." - Burger in kruisondervraging. 

13:59
03 Mar

Roux sê Burger antwoord nie sy vraag nie. Roux: ons weet van skote en geslaan (bangs) van krieketkolf. 

13:58
03 Mar

Burger: "Ek kan nie verstaan hoe mnr. #OscarPistorius nie kon hoor hoe ‘n vrou geskree het nie." 

13:58
03 Mar

@JMVersluis - Pistorius het die vreesbevange gille uitgelaat in sy borgaansoek.

13:57
03 Mar

@MaridaFitz: Adv. Barry Roux, wat #OscarPistorius se regspan lei, kruisondervra staatsgetuie Michelle Burger.

13:55
03 Mar

TextBlock content.

13:55
03 Mar

@MaridaFitz Ek het 'n versoek gekry om 9:30 te begin. Het iemand beswaar? - Regter Thokozile Masipa 

13:54
03 Mar

Hof weer in sitting. #OscarPistorius

12:50
03 Mar

 ‏@JMVersluis: Hof verdaag vir eers. #OscarPistorius

12:49
03 Mar

@JMVersluis: Burger: Sy het die Stipp-gesin nie geken. Het hulle onlangs ontmoet. Ook Van der Merwes vandag eers gesien. #OscarPistorius

12:47
03 Mar

‏@JMVersluis: Burger: polisie het gesê kapt. Mike van Aardt sal verklaring kom aflê. #OscarPistorius

12:47
03 Mar

@JMVersluis: Burger: sy het toe advokaat gebel, Nick Maritz SC, oor hoe om verklaring af te lê. Wou verklaring privaat aflê. #OscarPistorius

12:45
03 Mar

 ‏@MaridaFitz: Ons kollegas het gehoor van wat ons gedink het 'n huisbraak was, voor ons geweet het #OscarPistorius het Steenkamp doodgeskiet.

12:43
03 Mar

@JMVersluis Burger: ek het vir my man gesê dit kan nie wees nie. Dit rym nie met wat ons gehoor het nie. #OscarPistorius

12:43
03 Mar

@MaridaFitz  Burger het die volgende dag mense van die skote, gille vertel. Later het sy gehoor #OscarPistorius het sy meisie doodgeskiet. @Beeld_Nuus

12:42
03 Mar

@JMVersluisBurger: haar man bel toe. Hy sê hy het gehoor #OscarPistorius is op die nuus en dié het gesê hy't gedink dis inbreker.

12:41
03 Mar

@JMVersluis Burger: Sy wou vasstel of iemand dood is. By werk 'n kollega vertel van die slegte nag, die "huisbraak". #OscarPistorius

12:40
03 Mar

@JMVersluis: Burger: Sy het vriendin gevra om uit te vind wat gebeur het. #OscarPistorius

12:38
03 Mar

@JMVersluis: Burger: was oortuig dis 'n huisbraak. Sy het later werk toe gegaan soos enige ander dag. #OscarPistorius

12:38
03 Mar

@JMVersluis: Burger: dit was bloedstollende gille. Die angs in haar stem is onbeskryflik. #OscarPistorius

12:37
03 Mar

@JMVersluis: Burger: haar slaapkamervensters was wawyd oop, want hulle het nie lugreling of dakwaaier nie. #OscarPistorius

12:36
03 Mar

@JMVersluis: Burger: sy kan #OscarPistorius se huis vanaf haar balkon sien.

12:35
03 Mar

@JMVersluis: Burger getuig oor haar balkon op die boonste verdieping van haar huis. En oor waar #OscarPistorius se huis van daar is.

12:35
03 Mar

@JMVersluis: Burger: hulle woon net langs die grens met Silver Woods-landgoed (waar #OscarPistorius se huis is).

12:34
03 Mar

@JMVersluis: Burger woon in Trevor-singel, Silverstream, beduie sy op foto wat op TV-skerms vertoon word. #OscarPistorius

12:33
03 Mar

@JMVersluis: Nel nou oor foto's, bewysstuk F. Lugfoto's en afstande tussen die huise. #OscarPistorius

12:33
03 Mar

@JMVersluis: Burger: haar man het afmetings gedoen om eie veiligheid te verskerp weens die "huisaanval". #OscarPistorius

12:28
03 Mar

@MaridaFitz: Ek sê toe vir my man ek hoop nie daai vrou het nou net gesien hoe haar man voor haar doodgeskiet is nie. #OscarPistorius 

12:27
03 Mar

@MaridaFitz: Bang.... (pouse). bang, bang, bang. Groter pouse tussen 1ste en 2de as tusssen 3de en 4rde. #oscarpistorius \

12:27
03 Mar

@MaridaFitz: 4 skote. Tyd tussen 1ste en 2de langer as tussen 3de en 4de. #Oscarpistorius 

12:26
03 Mar

@JMVersluis: Burger: na haar gille was daar 4 skote. Tyd tussen 1ste en 2de skote was bietjie langer as tussen die res. #OscarPistorius

12:25
03 Mar

@JMVersluis: Burger: die vrou was vreesbevange. Geweet iets gaan kom, soos 'n klimaks. #OscarPistorius

12:25
03 Mar

@JMVersluis: Burger: hulle het toe besef hulle het die verkeerde sekuriteit gebel. Die vrou gil toe erger, meer intens. #OscarPistorius

12:24
03 Mar

@JMVersluis:  Burger: haar man het vir sekuriteit gesê mense word langsaan aangeval, hulle moet gaan kyk. #OscarPistorius

12:24
03 Mar

@JMVersluis: Burger: hulle het gedink daar was 'n "huisaanval". #OscarPistorius

12:23
03 Mar

@JMVersluis: Burger: Ek sê vir my man kom terug van balkon af dat ons die sekuriteit kan bel. Ek bel sekuriteit op selfoon. #OscarPistorius

12:21
03 Mar

@JMVersluis:  Burger: sy het verskiklik gegil en om hulp geroep. Ek hoor toe 'n man om hulp roep, 3 keer. #OscarPistorius

12:20
03 Mar

@MaridaFitz: Burger: net na drie het ek wakker geword van 'n vrou se verskriklike gille. #OscarPistorius 

12:19
03 Mar

@JMVersluisBurger getuig in Afrikaans. Word in Engels getolk. Sy getuig oor aand van 13 Feb 2013. Gewone tyd gaan slaap. #OscarPistorius

12:18
03 Mar

 ‏@MaridaFitzBurger se huis teen die grens van Silver Woods, wat aangresend is aan Silver Stream. #OscarPistsorius 

12:18
03 Mar

@MaridaFitzBurger ken #OscarPistorius nie, het hom nog nooit ontmoet nie, maar geweet hy woon in Silver Woods. 

12:17
03 Mar

@MaridaFitz: Michelle Burger is 'n dosent by die Universiteit van Pretoria. #OscarPistsorius 

12:16
03 Mar

@MaridaFitzMichelle Burger wil nie afgeneem word nie. Sy gaan in Afrikaans getuig. #OscarPistorius

12:15
03 Mar

@MaridaFitzMichelle Burger is jong, blonde vrou, lyk in haar laat 20s of vroeë 30s. Sy woon ook in Silver Woods Estate. #OscarPistorius 

12:13
03 Mar

@JMVersluis: Nel: Enigste afleiding van omstandigheidsgetuienis is dat #OscarPistorius se weergawe nie redelik moontlik waar is nie.

12:12
03 Mar

@JMVersluis:  Nel: Staat steun op bure se getuienis. Want daar was net 2 mense in #OscarPistorius se huis daardie nag.

12:11
03 Mar

@JMVersluis:  Nel nou klaar met die formele erkennings. Verdediging bevestig dit. Staat roep Michelle Burger, nr. 18 op lys. #OscarPistorius

12:11
03 Mar

@MaridaFitz: Adv. Gerrie Nel, staatsaanklaer, nou besig met formele erkennings. Dis als waaroor verdediging en staat saamstem.

12:08
03 Mar

@JMVersluis: Nel: dien verslag in oor weerstoestande in vroeë ure van 14 Februarie 2013. Deur klimatoloog Elsa de Jager. #OscarPistorius

12:06
03 Mar

@JMVersluis: Nel: dien foto's van polisie in wat by Tasha's-restaurant in Melrose Arch geneem is. #OscarPistorius

12:03
03 Mar

@JMVersluis: Nel: ao. Bennie van Staden het toneelfoto's geneem. Foto'-album is 'n bewysstuk. #OscarPistorius

12:02
03 Mar

@JMVersluis: Nel: prof. Gert Saayman het die lyskouing gedoen. Lykskouingsverslag is bewysstuk B. #OscarPistorius

12:02
03 Mar

@JMVersluis: Nel: formele erkennings is bewysstuk A. Erken byvoorbeeld hierin Reeva is dood aan veelvuldige skietwonde. #OscarPistorius

12:01
03 Mar

@JMVersluis Adv. Gerrie Nel nou oor die formele erkennings deur #OscarPistorius wat in die rekord ingelees word.

12:00
03 Mar

‏@JMVersluis#OscarPistorius bevestig sy pleitverduideliking.

11:58
03 Mar

@MaridaFitz#OscarPistorius ontken die bewerings van stryery ten sterkste. "Kan nie verder van waarheid wees". 

11:56
03 Mar

@MaridaFitzOnregverdige benadering deur staat onderstreep deur besmetting van toneel. Ontwerp om my valslik te beskuldig 

11:55
03 Mar

@JMVersluisOscar-verklaring: Hilton Botha het hom valslik probeer inkrimineer op moord met voorbedagte rade. 

11:54
03 Mar

@JMVersluis: Oscar: staat beweer daar was 'n stryery tussen hom en Reeva en daarom het hy haar doodgemaak. "Ek ontken dit." #OscarPistorius

11:53
03 Mar

@MaridaFitz: Buurvrou Estelle van der Merwe 105 m van sy slaapkamer, sou nie pratery uit sy kamer kon hoor nie, sê #OscarPistorius.

11:52
03 Mar

@MaridaFitz: #OscarPistorius sê via Oldwage die pratery wat bure gehoor het, het nie uit sy huis gekom nie

11:51
03 Mar

@MaridaFitz: #OscarPistorius sê staat wou indruk wek dat hy Steenkamp agternagesit het deur te sê hy was op kunsbene en 1,5m van toilet. @Beeld_Nuus

11:50
03 Mar

@MaridaFitz: "Ek voer respekvol aan die staat het geen basis dat ek Reeva se lewe wou neem nie." - #OscarPistorius via Oldwage. 

11:49
03 Mar

@JMVersluis:  Oldwage: Oscar ontken moord ten sterkste. Dit was 'n ongeluk, hy het gedink sy is 'n betreder. #OscarPistorius

11:48
03 Mar

@MaridaFitz: #OscarPistorius pleit onskuldig op al 4 aanklagte en alternatiewe aanklagte. 

11:47
03 Mar

@JMVersluis: #OscarPistorius pleit onskuldig op aanklag 4: dat hy onwettig ammunisie in sy huis besit het laasjaar.

11:47
03 Mar

@MaridaFitz: #OscarPisorius neem diep asemteug toe Nel derde aanklag stel. 


11:42
03 Mar

@JMVersluis: #OscarPistorius pleit onskuldig op onwettige afvuur van vuurwapen in Tasha's-restaurant.

11:41
03 Mar

@MaridaFitz: #OscarPistorius pleit onskuldig op eerste en tweede aanklagte. 

11:40
03 Mar

@JMVersluis: #OscarPistorius pleit onskuldig op klag dat hy vuurwapen onwettig deur kar se sondak afgevuur het op 30/09/2012.

11:39
03 Mar

@JMVersluis:  Adv. Gerrie Nel lees die klagstaat. #OscarPistorius pleit onskuldig op moordklag.

11:38
03 Mar

@MaridaFitz: Regter Thokozile Masipa sweer assessore in. #OScarPistorius @Beeld_Nuus

11:37
03 Mar

@MaridaFitz: SA se grootste strafverhoor in die geskiedenis begin amptelik. Regter Thokozile Masipa stap in met 2 assessore.

09:50
03 Mar

Volg Beeld se verslaggewers se regstreekse twiets oor die Oscar Pistorius-verhoor hier.

Oscar Pistorius praat Maandag met sy regsverteenwoordiger adv. Barry Roux voordat die hofverrigtinge begin. | Foto: Herman Verwey (Foto24)