Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 17°C

Wind 42km/h


Reënval 1.9mm


Humiditeit 65%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 6.4mm


Humiditeit 70%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


27°C / 17°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Sondag


25°C / 16°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Maandag


23°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Nuusflitse
China: 26 sterf in brand by steenkoolmyn IS ‘mees brutale bedreiging nog’ – Angela Merkel Steve Hofmeyr: Konsert glo R5 miljoen kwyt Man urineer in vliegtuig se gang Grypdief laat spaander met handsak, R5 000 Opgekapte lyk in Kampsbaai gevind Gedwonge verhuising staar advokate in die gesig Man ontevrede oor vroue-universiteite Seun kan nie matriek voltooi weens aanranding Boksombende help vir Blikkies met heupvervangings 'Eenhoring' kry groot belangstelling Munisipale Eskom-skuld buite beheer Eerste Italianer met Ebola ‘is stabiel’ Vermeende kaper geskiet, gewond Bomaanvalle in Nigerië eis minstens 45 Woonstelgebou stort ineen - 10 dood Pta-man skiet homself EFF-tugverslag dalk oorweeg Polisieman vas wat bewysstukke in barrakke bêre Kiesers begin stem in die Himalayas Hof bevind man is dalk ná dekades in tronk onskuldig Ferguson: Geweldpleging ná jurie besluit om polisieman nie te vervolg Don Steenkamp word weg van ander jeugdiges aangehou Julius Malema en wag in onderonsie Drie soldate in Kiëf doodgeskiet Bejaarde man vas ná hy tik smokkel Vier vas wat veiligheidsbeamptes beroof Anti-Israel groepe wil meer SA winkels boikot Sterker rand gaan petrolprys laat daal Staat se saak berus op sameswering - Dewani-advokaat O, wee ...hier kom die reën alweer Grusame vrouemoord: Bankier kan verrigtinge volg Pta-meisie hang haarself Bom by vlugbaltoernooi eis 45 Ouers verloor twee seuns in minder as 'n maand Foutiewe kragopwekker lei glo tot baba se dood Limpopo: OG het in April gewaarsku oor skolekos
Hof en misdaad

Oscar Pistorius: Dag 7 (blog)

Darren Fresco onder kruisverhoor. Hof verdaag, verrigtinge hervat om 09:30.

Deur pauli van wyk Maandag 10 Maart 2014 6:43 nm.
Beeld se regstreekse blog is soos jou ma se spens: Alles in groot maat op een plek. Verfris die blad gereeld vir die jongste nuus, eienaardighede, video's en foto's.
14:57
11 Mar
14:53
11 Mar

Oeps:

14:43
11 Mar
14:42
11 Mar
14:39
11 Mar

'n Vinnige kykie op Darren Fresco se Facebook-bladsy wys dié foto wat gister op sy blad gelaai is. Daarby skryf Fresco hoe hy teen 300km/h in vyfde rat ry. 

"Still got 6th waiting"

14:29
11 Mar

Die Duitse Spiegel skryf Oscar Pistorius "bricht im Gerichtssaal zusammen". Losweg vertaal beteken dit Pistorius het in duie gestort.

14:22
11 Mar

Adv. Barry Roux SC beweeg aan na die Tasha's skietery. Hy vra Darren Fresco uit hoe dit kan wees dat hulle koppe so na aan mekaar kon wees soos wat Fresco dit verduidelik {Dít nou tydens die oomblik wat hy sy vuurwapen aan Oscar Pistorius onder die tafel aangegee het en gesê het "I'm one up"}​

14:14
11 Mar

Adv. Barry Roux SC sê {vir 'n tweede keer} Oscar Pistorius sal ontken dat hy die skoot deur die sondak afgevuur het. Darren Fresco sê dit is onwaar.​

14:07
11 Mar
14:06
11 Mar

Oscar Pistorius maak notas in die beskuldigdebank. Vandag dra hy 'n bril en lyk meer kalm as gister. Foto: Kevin Sutherland (Times Media Group)

14:04
11 Mar

Raait, hier gaan ons vir die tweede deel van Darren Fresco se kruisverhoor. Adv. Barry Roux SC {wat klink soos 'n krokodil wat by die water lê en wat} sê hy sal eers vra oor die skietery deur die sondak en daarna by Tasha's-restaurant.

13:56
11 Mar
13:48
11 Mar
13:20
11 Mar
13:18
11 Mar

Oscar Pistorius met sy oë toe in die beskuldigdebank kort voor die hof vir middagete verdaag. Foto: Kim Ludbrook (Reuters)

13:16
11 Mar

Darren Fresco is die blonde langhaar-man:

13:14
11 Mar

Daily Maverick skryf oor die wonderwêreld van Oscar Pistorius en sy kamerade:

13:10
11 Mar

Darren Fresco sukkel om sekere gebeure te onthou, maar meestal is hy 'n uitblinker.

13:06
11 Mar
13:03
11 Mar
13:02
11 Mar

Die Britse Telegraph oor Oscar Pistorius, Afrikaners en sport:

12:55
11 Mar

Darren Fresco ontken dat hy saam met Oscar Pistorius daarvan gepraat het om 'n skoot af te vuur, dat hulle geïrriteerd was met die metropolisie en dat hulle saam gelag het daaroor  {Samantha Taylor het dié getuienis gelewer}.​

12:53
11 Mar

Darren Fresco het twee verkeersoortredingsboetes gekry. Die eerste, volgens Fresco, omdat hul motor nie nommerplate opgehad het nie, en die tweede vir die oorskreiding van die spoedgrens:​

12:51
11 Mar
12:50
11 Mar

Die Britse koerant First Post oor Oscar Pistorius se angstigheid:

12:47
11 Mar

Ons is terug in die hof, Darren Fresco is steeds onder kruisverhoor.

12:42
11 Mar
12:31
11 Mar
12:28
11 Mar

Terwyl die hof vinnig 'n breek neem, verduidelik ek gou wat 'n "hairline trigger" is soos wat Darren Fresco verduidelik het sy wapen het. Dít teen die agtergrond van 'n Glock wat nie 'n slagpen het nie:

  1. Dit kan wees dat 'n wapen só gestel is om sonder baie druk op die sneller af te gaan. Dit is voordelig vir die akuraatheid van 'n skoot omdat die trekaksie dikwels die ronde die teiken kan laat mis.
  2. Soos in Darren Fresco se geval, kan dit ook die aksie/sneller wees wat die vuurmeganisme van 'n vuurwapen aktiveer. As jy die vuurwapen vashou en jy trek die sneller effens, voel dit in die middel van die aksie asof daar iets meegee. Dit is dan wat jy weet, sou jy die sneller verder trek, sal die skoot afgaan. Fresco reken dít is wat met Oscar Pistorius gebeur het. Wanneer die pistool oorgehaal is, staan die "hairline trigger" regop en is 'n aanduiding dat die wapen oorgehaal is.

Dié fotofoto is van 'n Glock wat nie gereed is om afgevuur te word nie. Sodra die vuurwapen oorgehaal word, trek die "hairline trigger" regop. Dit is die klein lippie wat hier onder uitsteek. Sou jy die sneller van voor af bekyk, sal dit lyk of dit in twee gedeel is. Die een deel sal regop staan. Sodra jy dié sneller aftrek, is net 'n effense drukking op die sneller nodig vir die skoot om af te gaan.

12:21
11 Mar
12:20
11 Mar

Adv. Barry Roux SC vra waarom Darren Fresco uit sy eie stel dat hulle koppe naby aanmekaar is en waarom hy sê dat Pistorius dalk nie kon gehoor het nie. Hy vra of iemand Fresco gesê het dat Pistorius dié feit sal teenstaan. Fresco gee nie 'n volledige antwoord hier nie.​

12:19
11 Mar

Só lyk die hofsaal waar Oscar Pistorius, sy familie, ondersteuners en joernaliste sit. Foto: Kim Ludbrook (EPA)

12:16
11 Mar

Adv. Barry Roux SC besig om Darren Fresco onder kruisverhoor te neem. Foto: Kevin Sutherland (Times Media Group)

12:14
11 Mar
12:13
11 Mar

Oscar Pistorius in die beskuldigdebank tydens getuienis vandag. Foto: Kevin Sutherland (Times Media Group)

12:11
11 Mar

Oi, adv. Barry Roux SC wys nou uit dat Darren Fresco nie in sy aanvanklike verklaring gestel het dat hy die blaam vir Oscar Pistorius sou neem nie. Fresco kan nie verduidelik waarom nie. Hy reken dis iets wat hy nie aan gedink het nie.

12:09
11 Mar
12:08
11 Mar

Ah en hier begin adv. Barry Roux SC sy aanslag op Darren Fresco se getuienis. Hy vra of Fresco 'n prokureur aangestel het om verklarings af te neem.

12:03
11 Mar

Oe...ook Darren Fresco getuig nou dat Oscar Pistorius hom gevra het om die blaam op hom te neem. Pistorius het dit by monde van adv. Barry Roux SC ontken, maar Kevin Lerena het dieselfde getuig.

12:01
11 Mar

Adv. Gerrie Nel, staatsaanklaer, vra Darren Fresco uit oor sy wapen.

11:53
11 Mar

Adv. Gerrie Nel, staatsaanklaer, vra Darren Fresco nou ook oor die skoot wat in Tashas-restaurant afgegaan het. {Onthou getuienis van Kevin Lerena stel dat die vuurwapen Fresco sin was}

11:50
11 Mar

Wat ook interessant is van dié getuienis, is dat Oscar Pistorius alles ontken. Sy eks meisie Samantha Taylor het oor dieselfde insident getuig en adv. Barry Roux SC het aan haar gestel dat Pistorius dit sal ontken.

11:49
11 Mar
11:48
11 Mar

Volgens Samantha Taylor het beide Fresco en Pistorius die metropolisie gekoggel waarna hulle weggejaag het in die hoop om 'n robot raak te skiet. Albei het volgens Taylor gelag toe die skoot afgegaan het.

11:45
11 Mar

Darren Fresco sê kort na die twis het nog 'n paar metropolisielede opgedaag.

11:43
11 Mar

Darren Fresco, 'n vriend van Oscar Pistorius, getuig nou oor die dag toe Pistorius glo 'n vuurwapen deur die sondak van 'n motor afgevuur het.

11:22
11 Mar

Paraguay se Deportes skryf ook oor Oscar Pistorius se nare oggend.

11:18
11 Mar

Oscar Pistorius vandag in die bekuldigdebank. Hy is heelwat kalmer as gister. Foto: Kevin Sutherland (Times Media Group)

11:16
11 Mar
11:12
11 Mar

Kyk Beeld se prettige spotprent vandag. En check bietjie JZ van Nkandla se stokies.

11:10
11 Mar
11:09
11 Mar
11:08
11 Mar

Die hele land is nou kenners in gastronomie. Dit laat my dink aan dié grappie: Daar is twee tipes mense in die wêreld. Dié wat die Oscar Pistorius-verhoor kyk en dié wat daaroor lieg.

10:58
11 Mar

Regter Thokozile Masipa het gister 'n verbod op regstreekse Twitter- en blog-verslaggewing geplaas. Vandag het sy dié besluit onverklaarbaar omgekeer. Prof. Johannes Froneman van die Noordwes-Universiteit se kommunikasiedepartement sê sy sê:

In ons hoofberig skryf Beeld die volgende:

10:50
11 Mar

Prof. Gert Saayman het sy baie sterk getuienis klaar gelewer. Hy het gebly by sy punt dat Reeva Steenkamp waarskynlik teen 01:00 laas iets geeet het en kort na 03:00 geskiet is. Adv. Barry Roux SC het sy bes probeer om Saayman se gedagtes verdag te maak, maar Saayman het by sy storie bly staan en gesê hy het baie ervaring en het reeds 15 000 {eep!} nadoodse ondersoeke gedoen. Die hof breek vir 'n halfuur.

10:43
11 Mar
10:38
11 Mar

Ons is nou op die onderwerp van maagwerkings.

10:27
11 Mar

Ek het nou hardop gelag vir die pittige Rebecca Davis. Loop kyk na haar skryfwerk in Daily Maverick.

10:22
11 Mar
10:21
11 Mar

Kyk hoe interessant {en mooi} is dié storie van The Star vandag. Dit vertel van die Yslanders Isgridur Hanna Johannesdottir en Ebba Gudny Gudmundsdottir wat na Suid-Afrika gereis het om Oscar Pistorius by te staan. Die bene van Ebba se seun Haflidi (8) is net soos Pistorius sin ook afgesit. Volgens Ebba is hulle lank reeds vriende met Pistorius.

{PS: kyk die Yslanders se interessante vanne. Daar kry jy jou pa se naam met die agtervoegsel -dottir of -son as 'n van. My Ysland-van sal Paulsdottir wees, omdat my pa se naam Paul is.}

Koerantknipsels uit The Star van Pistorius saam met Haflidi Hafthorsson {kyk die mini lemme!}. Onder is sy ma Ebba Gudmundsdottir en sy ouma Sigridur Johannesdottir.

10:03
11 Mar

Dít is prof. Gert Saayman, die nadoodse ondersoeker wat die post mortem op Reeva Steenkamp gedoen het. Wanneer die hof weer in sitting is, sal adv. Barry Roux SC met Saayman kibbel oor sy kundigheid en sy bevindinge.

Roux sal vrae vra oor onder meer:

  • Die inhoud van Reeva Steenkamp se maag. Dit is belangrik omdat Oscar Pistorius in sy pleitverduideliking gesê het die paartjie is omstreeks 22:00 bed toe. Maar Saayman reken Steenkamp het dalk omstreeks 01:00 iets lig geeet. 
  • Die inhoud van haar blaas. Sowat 'n teelepel urine is in haar blaas gevind.
  • Dit is belangrike getuienis omdat dit Pistorius se weergawe reëlreg weerspreek. Daarom sal Roux sy bes doen om twyfel te saai oor dié bevindinge.
  • Onthou dat die staat sy saak bo twyfel moet bewys, maar dat die verdediging net hoef te bewys dat Pistorius se kant van die saak redelik moontlik waar kan wees.
09:58
11 Mar
09:57
11 Mar

Oscar Pistorius en sy neefs cum lyfwagte kom vanoggend by die hooggeregshof in Pretoria aan. Ek kyk na dié foto en dan na foto's in die eerste week. Pistorius het in die eerste week 'n hatigheid teenoor die media uitgestraal. Dit wil-wil lyk asof hy minder energie het om emosie buite die hof te wys... Foto: Brendan Croft (Foto24)

09:51
11 Mar
09:38
11 Mar

Prof. Gert Saayman is nou onder kruisverhoor. Adv. Barry Roux SC spring dadelik weg en vra wat haar beserings aan haar kognitiewe funksie sal doen. Onthou dat dr. Johan Stipp getuig het toe hy by haar kom, was Reeva Steenkamp se kornea melkerig en hy het geweet sy is dodelik gewond.

09:35
11 Mar

Regter Masipa het pas beveel dat die media 'n pakket moet aanbied aan die verdediging en die aanklaers voordat regstreekse inligting uit die hof uitgesaai mag word. Dit is 'n vorm van sensorskap. Die media lê Nooit enigiets aan enigiemand voor nie, omdat dit onafhanklikheid negatief beïnvloed. Ek glo steeds dis louter twak.

Ons mag wel blog en twiet. {Oh joy}

09:30
11 Mar
09:29
11 Mar

En in ander nuus: Oscar Pistorius het pas by die hof opgedaag. Gister was blykbaar 'n riller van 'n dag en na verwagting gaan dit nie binnekort verbeter nie. Prof. Gert Saayman, nadoodse ondersoeker, sal weer getuig oor Reeva Steenkamp se beserings en adv. Barry Roux SC sal hom binnekort onder kruisverhoor neem.

09:23
11 Mar

Op 'n meer ernstige noot: Mense vra my op Twitter {o haai, ek's Pauli, die journo wat jou op hoogte hou van elke trilling op die Oscar-Richterskaal} of (a) Oscar Pistorius wel in sy moordverhoor sal getuig en of (b) dit nie baie sleg vir die verdediging se saak sal wees nie:

a. Pistorius se regsverteenwoordigers het in die hof gestel dat Pistorius oor verskeie geleenthede "sal kom getuig".

b. Pistorius kan kies om te getuig of nie. Dit is 'n tweesnydende swaard, behou hy die reg op stilswye, hoef hy nie te verduidelik of onder adv. Gerrie Nel, staatsaanklaer, se kruisverhoor deur te loop nie. Máár dit sal sy saak dalk meer skade doen omdat hy nie sy kant van die saak verdedig of verduidelik nie. Dit beteken effektief dat die beskuldigings van die staat onbestrede gelaat word, afgesien van sy pleitverduideliking.

09:18
11 Mar

Kudos egter vir die Daily Sun wat lei met "No sex in 30 years!"

18:43
10 Mar

Oscar Pistorius en sy nare dag gister is weer op die meeste voorblaaie. Die emmer vol...erm, naarheid asook die rondes wat "omvou soos die blare van 'n blom sodra die projektiel tref", domineer die voorblaaie.