01 Julie 02:02
12°C / 15°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


15°C / 12°C

Wind 26km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 76%

Donderdag


16°C / 12°C

Wind 25km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 76%

Vrydag


17°C / 11°C

Wind 8km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 73%

Saterdag


16°C / 12°C

Wind 16km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 84%

Sondag


15°C / 12°C

Wind 22km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 78%

Maandag


16°C / 12°C

Wind 34km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 76%

Nuus

Huise in Limpopo weens vloede ontruim

Deur Marietie Louw-Carstens Dinsdag 11 Maart 2014 22:17

LEPHALALE (Ellisras). – Huise is gister op hoewes buite dié dorp in Limpopo ontruim weens vloede in die gebied.

Dit is veral inwoners van die Baviaanshoek-hoewes en in die Beska-omgewing wat geraak is. Watervlakke in riviere en damme styg sedert einde verlede week nadat swaar reën oor die gebied uitgesak het.

Die Mogolrivier is in vloed en die Mokolo-dam is tot oorlopens toe vol.

Charmaine Robbertse, ’n inwoner, help sedert die naweek mense wat deur die vloede afgesny is.

Sy en ’n groep weldoeners lewer kos, water en ander noodsaaklikhede per helikopter af.

Verskeie strate in die dorp is oorstroom en die watervlak by die Machauka Lodge en Palmpark-hotel het teen gistermiddag aanhou styg.

Brig. Hangwani Mulaudzi, kommunikasiehoof van die polisie in Limpopo, het gesê sedert Vrydag is 14 mense oor die provinsie heen gered uit riviere, strome en damme.

Polisieduikers soek steeds na die lyk van Elizabeth Sparrow (73) wat die naweek by die Klein Kariba-vakansieoord buite Bela-Bela (Warmbad) verdrink het.

Mulaudzi het gesê duikers is ook nog op soek na die lyk van ’n 64-jarige vrou wat in die Vhembe-distrik in ’n rivier geval het.

’n Vyftienjarige seun van Tzaneen word ook vermis sedert vloedwater hom meegesleur het.

Die ER24-nooddiens moes Maandag sewe mense agter op ’n bakkie buite Zebediela (Potgietersrus) red toe hulle oor ’n laagwaterburg gery en die water hulle weggespoel het. Die meeste groot damme in Limpopo, soos die Nzhelele-, Nandoni en Flag Boshielo-dam, is meer as 100% vol.