Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 15°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


23°C / 14°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 66%

Dinsdag


23°C / 13°C

Wind 17km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 60%

Woensdag


23°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Donderdag


23°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 2.9mm


Humiditeit 81%

Nuus

ANC weet nie wie gewapende 'lyfwag' is

Deur sapa Saterdag 15 Maart 2014 9:54 vm.

Die ANC in Gauteng probeer vasstel wie die man is wat ANC-drag aanhet en ’n geweer dra.

Die man is deur koerante en radiostasies afgeneem in Bekkersdal, waar geweld die afgelope week uitgebreek het.

Nkenke Kekana, ANC-woordvoerder in Gauteng, sê op die oomblik weet hulle nie wie dit is nie.

Die foto is Vrydag in The Citizen gepubliseer.

’n Afvaardiging van die ANC het Bekkersdal Donderdag besoek. Hulle is met klippe bestook terwyl hulle van deur tot deur gegaan het om voorbrand te maak vir die party in aanloop tot die algemene verkiesing op 7 Mei.

“Ons moet uitvind of hy ons lid is. As hy ’n beskermer [polisielid] is, is hy nie veronderstel om ANC-drag te dra nie,” sê Kekana.

Thabang Wesi, leier van Concerned Residents of Bekkersdal, sê inwoners het ANC-“lyfwagte” met gewere in die township gesien. Hulle het na bewering op ongewapende mense, ook skoolkinders, geskiet.

The Star het Vrydag berig dat dié ANC-“lyfwagte” skerp ammunisie afgevuur het nadat die skooldag omstreeks 11:00 die oggend ontwrig is.

Drie Njalas van die polisie en swaar bewapende polisielede het die gebied gepatrolleer en rubberkoeëls op die leerders en ander inwoners afgevuur.

Mbanga Xaba van die ANC sê die party het nie lyfwagte nie, net beskerming deur die polisie se eenheid vir baie belangrike persone.