Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Woensdag


26°C / 17°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 68%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Vrydag


26°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Saterdag


27°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Nuus

Aggressiewe skaap met slagtande vat roofdiere vas

Deur Mariska Spoormaker Dinsdag 01 April 2014 11:54 vm.

GRAAFF-REINET. – Besonderhede oor ’n skaapram met slagtande én die aggressiewe aard van die Asiatiese mouflon (oer-skaap) is Maandag hier bekend gemaak.

Kortliks kom dit daarop neer dat ’n skaap geteel is wat kan terugveg teen roofdiere.

Dié ongewone dier is deur jare se kruisteling tussen plaaslike merino’s en onder meer oer-skape soos die mouflon, argali en urial opgelewer, het prof. Ian April van die Oos-Europese Fuls-landbounavorsinginstituut verduidelik.

April het 15 jaar lank ten nouste onder die strengste geheimhouding met kleinveeboere in die Camdeboo-distrik saamgewerk. Die naam van die plaas waar hy aangehou word, mag nie genoem word nie.

Volgens April het sy belangstelling in só ’n skaap begin toe sy kollega, dr. Skid Speck, ná ’n Suid-Afrikaanse besoek ’n verslag oor die geweldige roofdierprobleem op Karoo-plase ingedien het.

“Dit was dus die gulde geleentheid om met biologiese innovasie te eksperimenteer,” het April gesê.

Die grootste uitdaging, het hy verder verduidelik, was om die inskiklike en sterk kudde-instink uit die Suid-Afrikaanse skaap geteel te kry.

“Selfs twaalf telings verder het dit nog moeilik gegaan.”

Dis noodsaaklik om die sterk kudde-instink te vernietig, want sodra gevaar dreig, bondel die skape saam en maak dit die “wegneemete” vir die rooikat of jakkals dus net makliker.

“Dit blyk inderdaad dat kruisteling baie vinniger fisieke verandering as gedragsverandering by die skaap bring,” het prof. Uitgev Ang van die Europese DW Ase Institute bygevoeg, “want ná vier kruistelings het die toetsramme al tande begin wys.

“Maar sodra ons kunsmatige gevaar geskep het, het daai ramme met slagtande de lot in die bondel gehardloop.”

Die teelprogram is juis ter wille van groter nasaat-opbrengs op ramme gemik. Tog kon die eerste stel toetsramme volgens April g’n ooi haaraf maak nie omdat hulle weens hul langer tande verwerp is. “Maar hierdie ram – sy naam is Rambo-Romeo – het die regte balans tussen passie én aggressiwiteit. Hy vat nie nee vir ’n antwoord nie. Sy nasate sal wel verkoop kan word.”

Wat roofdier-teenaanvalle betref, wys April daarop dat die navorsers wél intussen ’n rooikat in die “slagtand-ram” se kampie vrygelaat het.

“Daardie kat se vel hang nou teen my muur. Ek is tevrede, ek glo die program het gewerk.”

Besoek www.storielieg.ai vir nader besonderhede

● Dit is vandag 1 April.