07 Julie 21:49
14°C / 15°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


15°C / 14°C

Wind 12km/h


Reënval 2mm


Humiditeit 86%

Donderdag


17°C / 13°C

Wind 16km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 78%

Vrydag


17°C / 12°C

Wind 6km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 78%

Saterdag


15°C / 13°C

Wind 29km/h


Reënval 10mm


Humiditeit 89%

Sondag


14°C / 12°C

Wind 25km/h


Reënval 7mm


Humiditeit 68%

Maandag


13°C / 10°C

Wind 30km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 67%

Nuus

Bok en Hanna stil-stil getroud

Maandag 31 Maart 2014 11:09

Bok van Blerk en Hanna Grobler vroeër vanjaar by die première van Vrou soek Boer. Foto: Rochélle Human

Bok van Blerk, een van die goue seuns van Afrikaanse musiek, en Hanna Grobler, wat bekendheid verwerf het vir haar rol in Getroud met Rugby, is die naweek stil-stil getroud.

In 'n twiet het Hanna trots verklaar dat sy nou amptelik mev. Pepler (Bok se doopnaam is Louis Andreas Pepler) heet.


Dunay Nortjé, Ricus Nel, Karlien van Jaarsveld en Steve Hofmeyr het die paartjie op Twitter gelukgewens.​

Bok en Hanna het op die stel van 'n program wat Sean Else destyds vir MK gemaak het, ontmoet.

Dit is duidelik dat Bok baie trots is op Hanna wat haar veral op liefdadigheidswerk toespits.

“Enige mens doen bietjie charity hier en bietjie daar. Maar om dit soos Hanna te doen . . . jy moet daarvoor gemaak wees. Dit moet in jou bloed wees. Sy doen dit elke dag, van die oggend tot die aand. Min mense kan dit so doen. Ek kan nie. Jy moet gebou wees daarvoor.”

Bok wat deesdae sy lyf akteur hou, is op die oomblik te sien in die romantiese komedie Vrou soek Boer. Hy sal ook eersdaags te sien wees in die rolprent Leading Lady.

• Vir 'n volledige onderhoud met Bok, kliek ​hier.