Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 69%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


28°C / 16°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Maandag


24°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Dinsdag


24°C / 16°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Nuusflitse
‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Nuus

Verkiesing-spottery

‘DANC nét die regte party vir jou’

Doen moeite om teleur te stel

Deur Malherbe Nienaber Saterdag 05 April 2014 5:30 vm.

KAAPSTAD. – Wil jy stem vir ’n party met leë beloftes, wat niks gaan verander nie en wat die “amptelike opposisie” teen jou belange is?

Dan is die DANC net die regte “party” vir jou wanneer stemdag op 7 Mei aanbreek.

Dié denkbeeldige party spog ook met leiers soos Helen Zuma en Jacob Zille wat uit hul pad sal gaan om jou teleur te stel.

Dit is die grap wat die afgelope week op die internet en sosiale media die ronde gedoen het. Xcollektiv, ’n blog met satiriese kuns en politieke kommentaar, het dié “party” op sy blog en Facebook-blad bekend gestel.

Baniere is ook op die blog geplaas om stemme vir die DANC te werf. Dit bevat uitbeeldings van sy leiers, Helen Zuma en Jacob Zille, met hul gesigte wat met Photoshop saamgesmelt is.

“Jy sal teleurgesteld en ontevrede wees wanneer jy die PARTY verlaat,” lui die verklaring op Xcollektiv se blog.

Die DANC is glo op 7 Desember 2013 gestig toe ’n interne verkiesing gehou is om die president en sy adjunk vir die nuwe party te kies. Helen Zuma en Jacob Zille is vir die poste verkies, maar het nie self die geleentheid bygewoon nie, lui die verklaring.

Julius de Lille, leier van Patronizing-Propaganda-and-Regurgitated-Rhetoric (PPRR), het egter op bewerings oor “stemknoeiery” gesê dit maak nie saak wie die party se hoofkandidaat is nie.

“Ons het die regte ding gedoen en die kos was gratis,” het hy gesê.

“Al wat ek kan sê, is dat die mense weet daar word vir hulle gelieg, want ons is die enigste party wat erken dat ons lieg.”