Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 14°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


25°C / 15°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Maandag


20°C / 15°C

Wind 33km/h


Reënval 68.2mm


Humiditeit 88%

Dinsdag


23°C / 15°C

Wind 15km/h


Reënval 0.6mm


Humiditeit 69%

Woensdag


24°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Nuusflitse
Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Nuus

Sponssiekte eis 35 van grootste SA boer se 1 000 renosters

Deur Elise Tempelhoff Woensdag 23 April 2014 10:07 nm.

John Hume Foto: Albina Hume

John Hume, die land se grootste renosterboer, het die afgelope twee maande ’n ernstige terugslag beleef toe sponssiekte tussen sy sowat 1 000 renosters uitgebreek en 35 dood is.

Terry Bengis, Hume se woordvoerder, het gister gesê al die diere op die plaas Elandslaagte buite Klerksdorp moet nou teen die bakterie (Clostridium novyi) ingeënt word.

Dumisa Seshabela, woordvoerder van die Noordwes-departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewing en bewaring, het gesê hulle het ’n waarskuwing oor die uitbreking van sponssiekte op Elandslaagte aan ander wildboere uitgestuur.

Volgens Bengis is daar tussen 20 en 25 variante van dié bakterie. Wetenskaplikes, waaronder veeartse van Onderstepoort, het die Elandslaagte-bakterie al geïsoleer en probeer nou ’n entstof daarteen ontwikkel.

“Ons beskou dit as baanbrekerswerk,” het Bengis gesê.

Die karkasse van al die renosters is verbrand om te voorkom dat dit verder onder die trop versprei.

Ekoloë met wie Beeld gepraat het, het gesê hulle meen die bakterie het ná die hewige reën die laaste tyd in Noordwes in die gras ontstaan waar die diere wei. Hulle meen ook die onnatuurlike omstandighede waaronder die diere aangehou word en dat daar meer as 1 000 is, het die verspreiding moontlik gemaak. Van hulle meen die drakrag van die plaas is oorskry.

Volgens Bengis het daar slym by die diere se neuse uitgeloop, hulle het vier dae later onvas op hul bene geraak en kort daarna dood neergeslaan.

Hume sal nou al sy oorblywende renosters moet verdoof en inent – sodra die entstof beskikbaar is.