Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


25°C / 15°C

Wind 25km/h


Reënval 0.3mm


Humiditeit 60%

Maandag


20°C / 14°C

Wind 28km/h


Reënval 44.9mm


Humiditeit 82%

Dinsdag


23°C / 15°C

Wind 17km/h


Reënval 1.2mm


Humiditeit 71%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
Man val laerskoolkinders met mes aan 4 mense dood en 14 beseer in ongelukke op Van Reenenspas Sataniste soek swart katte in Hongarye Man dood in Tafelberg-tragedie Zambiër vas oor hy in lug skiet ná president se dood ‘Hongarye sit internetbelasting eers op ys’ Miley Cyrus se rok skok Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Wetenskap

Joernalis kap VF+ oor evolusie-opmerking

Deur Reza van Rooyen Vrydag 22 Augustus 2014 2:49 vm.

“DIE Vryheidsfront Plus (VF+) se denke oor wetenskap dateer van die Middeleeue.”

Dít is die mening van George Claassen, ’n bekroonde wetenskapjoernalis en buitengewone professor in wetenskapjoernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch (US), nadat dié party ’n beroep op Christenvroue gedoen het om te keer dat hul kinders “in die evolusie-geloof ingeboender word”.

Volgens Qume Erasmus, die VF+ se vroueaksievoorsitter in Gauteng, kan ouers nie skole en handboeke sonder voorbehoud vertrou nie.

“Byna elke vak, van gr. 1 tot gr. 12, bevat intense inhoud van evolusie, waar verwys word na byvoorbeeld ‘miljoene jare gelede’, ‘makro-evolusie’, ‘grotmense’, ‘vordering van die aap na die mens’ en die ‘Groot Knal’.

“Hierdie gif word vermeng met goeie, suiwer en akkurate wetenskaplike feite.

“So sal kinders begin glo dat hulle niks is nie – sonder enige doel en sonder enige verantwoordelikhede,” sê Erasmus in ’n mediaverklaring.

“Ons moet standpunt inneem en eis dat leuens uit ons skole en handboeke verwyder word,” sê sy.

Claassen meen egter dit is skrikwekkend om te verneem dat dié party nie ’n benul het van wat die evolusieteorie werklik beteken nie.

“Dit is nie ’n geloof nie, maar ’n wetenskaplike teorie wat oor meer as 150 jaar deeglik bewys is as geldige verduideliking hoe lewe op aarde ontwikkel het.”

Vir Claassen strek die belangrikheid van die konsep van evolusie veel verder as biologie en hy skaar hom by die vooraanstaande evolusiebioloog Ernst Mayr se siening in sy boek What evolution is.

“Evolusie is die belangrikste konsep in biologie. Daar is nie ’n enkele Hoekom?-vraag in biologie wat ordentlik beantwoord kan word sonder om evolusie te oorweeg nie. Die denke van moderne mense, of ons dit nou wil erken of nie, word radikaal beïnvloed deur evolusionêre denke.”