31 Maart 00:33
Kaapstad Verander Area

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

21°C / 15°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Sondag

19°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Maandag

21°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

17°C / 14°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Algemeen
SA se seiljag vaar goed in Cape2Rio
Die bemanningslede van die Lion of Africa Vulcan op hul seiljag. Foto: Roger Lagesse

Met sowat 1 200 seemyl van die Cape2Rio-wedvaart wat oorbly, was Suid-Afrika se Lion of Africa Vulcan Woensdagmiddag in die derde plek en sal waarskynlik in dié posisie oor die wenstreep seil.

Lion of Africa Vulcan, wat in die eerstedivisieafdeling deelneem, het op 1 Januarie saam met 20 ander deelnemers uit Tafelbaai na Rio de Janeiro, Brasilië, vertrek.

Die Suid-Afrikaners is op die hakke van die Duitse Black Pearl, wat in die tweede plek seil, en Peru se Runaway, wat tans die voorloper in die wedvaart is.

Vitor Medina, kommodoor van die Royal Cape-seiljagklub, vertel dat dit nie noodwendig ’n uitgemaakte saak is dat die voorste drie seiljagte in hul huidige volgorde oor die wenstreep sal seil nie.

Enigiets kan nog gebeur. Die wind kan moontlik sterk begin waai, wat die agterste seiljagte ’n kans kan gee om in te haal.

“Enigiets kan nog gebeur. Die wind kan moontlik sterk begin waai, wat die agterste seiljagte ’n kans kan gee om in te haal,” sê Medina.

Xavier Mecoy, een van Lion of Africa Vulcan se bemanningslede, het op die seiljag se Facebook-blad vertel dat die bemanning gedurig klein veranderinge aan die boot maak om spoed te vermeerder.

“Dit is die klein verstellings en veranderinge wat ons ’n voordeel oor die volgende paar dae kan gee,” sê hy.

Hy vertel dat die bemanning, ná tien dae op see, opgewonde is om in Rio de Janeiro voet aan wal te sit.

“Almal sien uit om land en hul gesinne en vriende te sien, om regte kos te proe en op ’n bed te slaap wat nie heen en weer wieg nie.”

Volgens Medina het die seiljag B&G, wat deur vyf onlangs gegradueerdes van die Universiteit van Kaapstad (UK) beman word, verras deur die eerste plek in die tweededivisieafdeling in te neem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.