30 April 16:35
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Algemeen
Sandstorm saai verwoesting in Vanrhynsdorp
’n Ontwortelde boom versper ’n pad in Vanrhynsdorp ná ’n sandstorm. Foto: Facebook

“Dit was net stof en sand waar jy kyk. Ek kon skaars 5 m voor my sien en ek kon hoor hoe dakplate van geboue afgeruk word terwyl ek teen 15 km/h in die straat af gery het.”

Só vertel Johan Erasmus, inwoner van Vanrhynsdorp in die Wes-Kaap, wat Dinsdag in ’n erge sandstorm vasgevang was.

Hy woon al 12 jaar op die dorp en sê hoewel daar al voorheen sandstorms op die dorp was, hierdie die ergste

Die dakplate van ’n winkel op Vanrhynsdorp is Dinsdagmiddag in ’n storm afgeruk. Foto: Facebook

een was wat hy nog ervaar het.

“Ek was in die dorp om inkopies te gaan doen en terwyl ek in die winkel was, het mense na die deur gehardloop om dit toe te maak. Toe ek gaan kyk waaroor die geraas gaan, was dit byna nagdonker buite terwyl ’n sterk wind gewaai het.

“Ek was bekommerd oor my voertuig en het besluit om liewer huis toe te ry,” vertel hy.

Die nadraai van ’n sandstorm wat Vanrhynsdorp Dinsdag getref het. Foto: Facebook

Hy het toe teen ’n slakkepas die strate ingevaar terwyl die wind dakplate losgeruk het.

“Terwyl ek ry kon ek hoor hoe die wind die plate van dakke afruk en deur die lug waai. Die sandstorm het seker 15 minute geduur.

“Toe die ergste wind en stof verby was, was daar swaar weerlig en donderslae gevolg deur ’n ligte reënbui,” sê hy.

Talle foto’s van die verwoesting is deur inwoners op Facebook geplaas.

Lamppale is omgewaai, bome is ontwortel en die dakplate van verskeie geboue, insluitend ’n laerskool en ’n vulstasie is afgeruk.

Sover bekend is geen beserings aangemeld nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.