Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Onderwys
3 identiese 2-linge geskei ‘sodat almal kophou’
Die Laerskool Baillie Park in Potchefstroom spog vanjaar met drie pare identiese tweelinge – Amber en Emily Santana, Cobus en Johan Claassen en Janco en Wehan Bartleman. Foto: Susan Cilliers

“Ons doen crazy goed en my mamma sê almal gaan deurmekaar raak met ons.”

Amber Santana (6) meen dis waarom sy en haar identiese tweelingsussie, Emily, vanjaar in afsonderlike klasse moet wees.

Die Santana-tweeling is een van drie pare identiese tweelinge wat Woensdag hul skoolloopbaan by die Laerskool Baillie Park in Potchefstroom begin het.

Johan en Cobus Claassen is ook in aparte klasse, maar hulle kon nie juis sê hoekom nie. Wehan en Janco Bartleman sê hulle kan nie in dieselfde klas wees nie. “Anderster (sic) sal hulle nie weet wie is wie nie, en dan moet ons hulle elke keer sê,” het Janco verduidelik.

Die tweelinge is ses van die 133 gr. 1’s wat vanjaar by dié skool ingeskryf het. Dis heelwat meer as 2016 se 118.

Die verlange na ma op die eerste skooldag was te groot vir Ruané van der Merwe van die Laerskool Baillie Park in Potchefstroom. Foto: Susan Cilliers

Die meeste van die parrabeentjies het vrolik agter hul lessenaar gesit en teken terwyl hulle vir oulaas vir hul ouers gewaai het. Enkeles, soos Chané Schoeman, het haar trane dapper teruggesluk. “Ek is bietjie bang vir al die geraas,” het sy skaam-skaam aan Netwerk24 gesê.

Rauné van der Merwe se trane het sommer geloop, maar gelukkig was juffrou Bekkie la Cock naby om te troos.

Freddy Sepeng, woordvoerder van Noordwes se onderwysdepartement, sê die eerste skooldag het in die algemeen glad verloop in die provinsie en geen ernstige probleme is teen Woensdagoggend laat aangemeld nie.

Die belangrikste kwessie was kinders wat by skole opgedaag het vir laat registrasies, maar dit het nie ander skoolbedrywighede beïnvloed nie. Byna 51 658 gr. O-leerlinge wat vanjaar hul skoolloop begin, is voor die heropening van die skole reeds by Noordwes se onderwysdepartement geregistreer, sê Sepeng in ’n mediaverklaring.

Finale syfers oor die getal gr. 1’s wat ná Woensdag geregistreer het, sal eers van Donderdag beskikbaar word.

In Noordwes het 1 465 skole (hoër- en laerskole ingesluit) Woensdag geopen.

“Ons departement het in November reeds leermateriaal aan alle skole verskaf,” sê Sepeng.

Die provinsie se skoolgereedheidsprogram het al in 2016 begin met ’n groot registrasieveldtog van Mei tot September. “Ons het tydens die veldtog veral aandag geskenk aan oorvol skole, asook skole waar stormskade aangerig is.”

Dit sluit gebiede in soos Ditsobotla (Lichtenburg-omgewing), Koster, Schweizer-Reneke en Ikageng in Potchefstroom. Volgens Sepeng rig die departement mobiele klaskamers by oorvol skole op.

Celvin Jansen van Vuuren en Eleanor Roestorf was baie opgewonde om onder die 133 nuwe gr. 1’s in die Laerskool Baillie Park in Potchefstroom te wees. Foto: Susan Cilliers

Meer oor:  Potchefstroom  |  Gr. 1  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.