23 Junie 19:20
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 9°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

18°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 36km/h

Reënval 12mm

Humiditeit 78%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 7km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 63%

Onderwys
Gr. 1’s van Wildernis blinkoog op 1ste skooldag
Jana-Mari Grobbelaar (6), middel, Woensdag saam met haar ma, Amanda Grobbelaar by die Laerskool Hoekwil naby Wildernis. Links sit Anika Geldenhuys (6). Foto: Jackie Kruger
Matthew Figland (6) en sy ma, Melanie Figland, Woensdag by die Laerskool Hoekwil. Foto: Jackie Kruger

Blinkoog-gr.1’s het Woensdagoggend in kraakvars skooluniforms by die Primêre Skool VGK Touwsranten en die Laerskool Hoekwil, onderskeidelik in Touwsranten en Hoekwil naby Wildernis in die Suid-Kaap, opgedaag.

Vir Jana-Mari Grobbelaar (6) is dit ’n groot dag. Haar pa, Flippie Grobbelaar, is die hoof van die Laerskool Hoekwil.

“Sy sien daarna uit om by Pappa se skool te wees en natuurlik al die maatjies,” sê haar ma, Amanda Grobbelaar. Volgens haar ma wou Jana-Mari ook voor in die klas sit.

By die skool se ingang het ’n groot wit en blou banier met die woorde “Welcome back” gepryk. Die nuwelinge is deur ouer leerlinge daar verwelkom.

Die gr. 1’s, vergesel van hul ouers, het hul tasse voor die klaskamer van juffrou Estelle Nel staangemaak. Binne die klas het hulle hul sitplekke ingeneem en dadelik begin inkleur. Min trane was by die tjokkertjies te bespeur, maar van die ouers het baie aangedaan gelyk.

“Dit is maar moeilik om hulle te laat gaan,” het van die ouers buite die klaskamer laat hoor.

Shaylen Ruiters (6) saam met sy pa, Shane Ruiters (links) en sy ouma, Johanna Jikija Woensdag by die Primêre Skool VGK Touwsranten in Hoekwil naby Wildernis. Foto: Jackie Kruger
Dit lyk of hy huil, maar eintlik lag Stewan Mashati (6) Woensdag alte lekker by die Primêre Skool VGK Touwsranten in Hoekwil naby Wildernis. Foto: Jackie Kruger
Gr. 1’s en hul ouers van die Primêre Skool VGK Touwsranten in Hoekwil naby Wildernis stap Woensdag na die saal van die VGK-kerk waar die nuwelinge verwelkom is. Foto: Jackie Kruger

By die Primêre Skool VGK Touwsranten het Shaylen Ruiters (6) se familielede hom vroeg skool toe gebring.

“Hy kon nie wag om skool toe te kom nie,” sê Estrulita Hardnick, ’n familielid.

“Hy het selfs al sy skoolskoene voor die tyd aangehad.”

Oor die inhoud van sy kosblik op sy eerste skooldag wou hy nie veel sê nie.

“Dis ’n verrassing.”

Nog ’n nuweling, die sesjarige Stewan Mashati, kon nie ophou lag nie.

“Mamma, ek soek ’n bietjie koeldrank,” het hy gesê voordat hy sy tas neergesit het.

Die gr. 1’s en hul ouers is op ’n byeenkoms in die saal van die VGK-kerk Touwsranten verwelkom.

Gr. 1’s by dié skool sal op hul eerste dag al met e-leer wegval.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.