28 Februarie 16:53
Kaapstad Verander Area

Woensdag

23°C / 17°C

Wind 31km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Donderdag

23°C / 17°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Vrydag

20°C / 17°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Saterdag

19°C / 16°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Sondag

20°C / 16°C

Wind 20km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 74%

Maandag

22°C / 16°C

Wind 30km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Onderwys
Klein Mijke kyk hoe sussie grootskool toe gaan
Klein Mijke Kotze se halfsussie, Hayley Pretorius, het Woensdag as graadeentjie by die Laerskool Sand du Plessis begin. By hulle is hul ma, Cindy Kotze, en pa, Rudolph Pretorius. Foto: Elsje du Toit

Klein Mijke Kotze van Bloemfontein, wat met die seldsame Treacher Collins-sindroom gebore is, het Woensdag gaan kyk hoe haar ouer halfsussie, Hayley Pretorius (6), grootskool toe gaan.

“Maar Mijke wil met alle mag saamgaan. Sy dink ons kom laai haar ook vanmôre hier af,” sê Cindy, Mijke se ma.

Klein Hayley staan skaam tussen haar ma en pa, Rudolph Pretorius, terwyl al die nuwe gr. 1’s by die Laerskool Sand du Plessis in Bloemfontein rondhardloop en skree.

“Hayley was gisteraand vreeslik opgewonde en het gewonder hoeveel maatjies hier vandag gaan wees,” sê Cindy.

“Maar vandag is sy vreeslik skaam.”

Die nuwe gr. 1's by die Laerskool Sand du Plessis in Bloemfontein is baie opgewonde oor die grootskool. Foto: Elsje du Toit

Hayley knik haar kop net effens om te sê dat sy wel ’n bietjie bang is.

Mijke, wat in Mei 2 jaar oud word, sit op haar ma se heup en bewonder al die kinders.

As sy op die grond neergesit word, wil sy met alle mag net saam begin speel en hardloop.

Sy het net nou die dag haar eerste tree gegee.

Die tweeling Adriaan en Pieter Gouws begin hul skoolloopbaan by die Laerskool Sand du Plessis in Bloemfontein. Foto: Elsje du Toit

Hayley vat dan saggies haar hand en trek haar terug na waar hulle saam met hul ma en pa wag.

Intussen is die identiese tweeling Adriaan en Pieter Gouws (albei 7) nuuskierig oor hoe die klasse lyk.

“Ons sien uit na die skool,” sê Pieter.

“Ons sien uit daarna om te speel en nuwe maatjies te maak.”

Jaco van der Merwe, die skoolhoof, het toe hy die ouers toegespreek het, ’n paar sneesdoekies uitgedeel.

“Ons wil nou nie hard klink nie, maar wanneer die maatjies almal klas toe gaan, hou die afskeid maar so kort as moontlik,” het hy aan die einde gevra.

“Nêrens was daar ’n “maatjie” met trane in die oë nie, maar die ma’s het maar hard aan die knoppe in hul kele gesluk.

Wat is Treacher Collins-sindroom?

Dit is volgens Genetics Home Reference ’n toestand wat die ontwikkeling van gesigbene en -weefsel belemmer.

Die simptome daarvan strek van onopsigtelik tot ernstig.

Die meeste mense wat hierdeur geraak word, het onderontwikkelde gesigbene, veral wangbene, en ’n klein kakebeen en ken.

Sommige mense wat met dié sindroom gebore word, het ook ’n gesplete verhemelte (soos Mijke).

In ernstige gevalle kan die onderontwikkelde gesigbene ’n baba se lugweg belemmer, wat tot lewensbedreigende asemhalingsprobleme kan lei.

Slegs 1 uit 50 000 mense word deur dié sindroom geraak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.