17 Januarie 08:45
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

25°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 48%

Woensdag

24°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Donderdag

21°C / 17°C

Wind 41km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Vrydag

21°C / 17°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Saterdag

23°C / 17°C

Wind 38km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Sondag

23°C / 18°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Onderwys
’n Dag voor opening help gr. 1’s
Retha Venter en haar nuwe maatjie Miané Pretorius in die Voëltjie-klas in die Laerskool Skuilkrans. Foto: Seugnet van Zyl

By die Laerskool Skuilkrans in die ooste van Pretoria het vanjaar se nuwe gr. 1’s al Dinsdag hul eerste skooldag gehad.

Janet Britzz, departementshoof van die skool se grondslagfase, sê die skool verwelkom die gr. 1’s al die afgelope ses jaar só.

“Die gr. 1’s kom ’n dag voor die tyd skool toe om dit vir almal (die kinders, onderwysers en ouers) te vergemaklik.

Die eerste dag is gewoonlik ’n chaos.”

Uit die 160 gr. 1’s was daar enkeles wat nie die trane kon keer nie.

Lané en Nika Grobler, tweelingsussies, het gesukkel om die trane in te hou. Carla Botha, hul onderwyseres in die Hasie-klas, het hulle telkens vertroos.

My ma se nommer is op my kosblik geskryf, maar ek mag dit nie nou al uithaal nie

Nathan en Michael Hayward, boeties wat deel is van ’n drieling, is elkeen in ’n ander klas.

Hul ma, Wilhelmien, het gehelp soek na hul sussie Hailey, maar kon haar nie kry nie.

“Hulle is al van verlede jaar af in verskillende klasse.” Al wat sy oor haar drieling kon sê, is: “Dis besig. Baie besig.”

Nathan was “’n bietjie bang” oor sy rêrige eerste dag, terwyl sy ouer boetie, Michael, glad nie bang was nie.

Toe Chevonne Burnett haar dogter, Chandelise, kom groet en vir oulaas haar naamkaartjie verstel, het sy gesê: “Die trane het gister (Dinsdag) maar vlak gelê, maar vandag (Woensdag) is ons oukei.”

Miané Pretorius wat saam met haar in die Voëltjie-klas is, sê sy het niks gehuil nie. Haar maatjie Retha Venter het ook net haar koppie geknik en gesê: “My ma se nommer is op my kosblik geskryf, maar ek mag dit nie nou al uithaal nie.”

Nathan en Michael Hayward, boeties wat deel is van ’n drieling. Hulle is in verskillende klasse. Hul sussie Hailey, was nêrens te vinde nie. Foto: Seugnet van Zyl
Chevonne Burnett verstel vir oulaas haar gr. 1-dogter, Chandelise, se naamkaartjie. Foto: Seugnet van Zyl
Drie nuwe gr. 1-maatjies, Zander Short, Nathan Hayward en Christiaan Lewies. Foto: Seugnet van Zyl
Juffrou Elanie Potgieter, ’n gr. 1-onderwyseres by die Laerskool Skuilkrans, verwelkom haar nuwe klas. Foto: Seugnet van Zyl
Juffrou Carla Botha, met die gr.1’s in haar Hasie-klas. Foto: Seugnet van Zyl
Juffrou Carla Botha, ’n gr. 1-onderwyseres by die Laerskool Skuilkrans in Pretoria, troos die tweeling, Lané en Nika Grobler. Foto: Seugnet van Zyl

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.