28 Junie 19:36
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Vrydag

14°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

15°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Maandag

16°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Dinsdag

15°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Onderwys
‘Opleiding kon ons uit tronk gehou het,’ sê matriek
Die gebiedsbevelvoerder van die Barbertontronk, Maruni Netshihazaulu, en Mxolisi Malinga, wat sy matrieksertifikaat verwerf het.Foto: BEATRICE SHONGWE

Gevangenes wat Dinsdag met trots hul matriekuitslae ontvang het, het die gebrek aan opleiding die skuld gegee vir die onwettige dinge wat hulle gedoen het wat hulle in die tronk laat beland het.

Mxolisi Malinga, ’n 25-jarige gevangene wat ’n nasionale matrieksertifikaat verwerf het, sê hy is in 2014 gevonnis tot tien jaar tronkstraf weens moord. Hy het bygevoeg dat hy nou, nadat hy sy matrieksertifikaat verwerf het, sy studies wil voortsit en ’n prokureur wil word.

“Die lewe hier is anders. Ek sou nie in die tronk beland het as ek toegewyd was nie, want dan sou ek iets vir myself gehad het. Dit was nie maklik nie, maar ek dank God dat ek geslaag het en ’n matrieksertifikaat het. Ek is van plan om aanlyn te registreer om regte te studeer,” het Malinga gesê.

Nog ’n gevangene wat ’n nasionale matrieksertifikaat gekry het, Sphamandla Tshabalala, het jong mense aangemoedig om gebruik te maak van die geleenthede wat hulle het om ’n opvoeding te kry.

“Die lewe hier is taai en soms wanneer jy studeer, sal iemand die ligte afskakel. Ek wil hê meer mense hier moet besef dat ons die sleutel van onderwys kan gebruik om geslote deure mee oop te maak,” het Tshabalala gesê.

Maruni Netshihazaulu, die gebiedsbevelvoerder, het sy dank uitgespreek teenoor diegene wat hard gewerk en geslaag het. Hy het diegene wat versuim het om dieselfde te doen aangemoedig om volgende jaar harder te werk.

Tich Mag Magwaza, ’n gevangene wat op parool is, het onderskeidings behaal in Engels, rekeningkunde, lewensoriëntering, lewenswetenskap en geografie.
– The Write News Agency

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.