30 April 16:37
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Onderwys
Talle skole in Limpopo het nog nie skryfbehoeftes

Die departement van onderwys in Limpopo moet bontstaan omdat skryfbehoeftes by etlike skole in die provinsie nie betyds afgelewer is nie.

Dr. Naledzani Rasila, woordvoerder van die onderwysdepartement, sê hulle werk onverpoos om die skryfbehoeftes af te lewer. Meer as 1 000 skole in die Vhembe-distrik en die Capricorn-distrik het reeds skryfbehoeftes gekry.

“Nog baie werk moet gedoen word om skryfbehoeftes in die ander drie distrikte, Sekhukhune, Mopani en Waterberg, af te lewer,” sê Rasila.

Volgens hom is die vertraging met die aflewering van skryfbehoeftes veroorsaak deur ’n nuwe verskaffer wat aangestel is nadat die departement die afgelope drie jaar dieselfde verskaffer gebruik het. Die kontrak van die vorige verskaffer het verstryk.

Rasila sê die aflewering van handboeke is op datum by al die skole wat betyds die departement van onderwys laat weet het watter boeke hulle benodig. Die skole wat laat reageer het oor watter handboeke hulle nodig het, word so vinnig as moontlik gehelp om boeke te kry.

Stan Mathabatha, premier, en Ishmael Kgetjepe, LUR van onderwys in Limpopo, het die eerste skooldag van die jaar die Mbilwi Secondary School in Sibasa buite Thohoyandou besoek. Die skool is as die beste skool in die provinsie aangewys vanweë die goeie prestasie wat die matriekleerlinge van 2016 behaal het.

Mathabatha en Kgetjepe sal ook nog twee topskole in die Vhembe-distrik, die Tshivhase Secondary School en die Thengwe Secondary School besoek. Die Vuwani-gebied, waar meer as 20 skole in 2016 afgebrand is toe die gemeenskap in opstand was oor munisipale afbakenings, sal ook besoek word.

In Polokwane het ouers saam met hul kinders wat vanjaar in gr. 1 is van vroeg af na die Laerskool Pietersburg-Oos (Oos-skool) toe gestroom.

Dr. Christa Carlisle en haar man, Gary, saam met Ryan wat in gr. 1 in die Laerskool Pietersburg-Oos in Polokwane is. Foto: Marietie Louw-Carstens

Dr. Christa Carlisle en haar man, Gary, het net ná 07:00 hul jongste seun, Ryan, wat vanjaar sy skoolloopbaan begin, na Oos-skool toe gevat. Daar was nie ’n teken van trane by Ryan nie.

Michael Maloba (10) wat vanjaar in gr. 4 aan Oos-skool is, was ook opgewonde om met sy eerste skooldag te begin.

Onderwysers het aan ’n gr. 3-klas by die skool gevra hulle moet hande opsteek oor wie se ouers bly is dat die skool begin. Bykans al die leerlinge het hul hande opgesteek.

Sake het seepglad verloop by die Hoërskool Pietersburg wat in 2016 as die derde beste skool in Limpopo aangewys is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.