22 Februarie 23:56
Kaapstad Verander Area

Donderdag

26°C / 18°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Vrydag

22°C / 18°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Saterdag

20°C / 17°C

Wind 48km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Sondag

23°C / 15°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 48%

Maandag

25°C / 16°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Dinsdag

23°C / 18°C

Wind 32km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Politiek
Veterane, afhanklikes kry steeds miljoene vir studiehulp
Max Ozinsky Foto: Peter Abrahams

Miljoene rande se onderwysbystand sal steeds vanjaar aan militêre veterane en hul afhanklikes betaal word, al is daar twyfel oor die betroubaarheid van die departement van militêre veterane se databasis.

Volgens die departement van militêre veterane kan daar dus bedrog gepleeg word.

Max Ozinsky, direkteur-generaal van militêre veterane, het Woensdag op ’n mediakonferensie gesê die departement wil ’n forensiese ondersoek doen om sulke bedrog te takel.

“Ons weet van mense wat die stelsel vir onderwysbystand misbruik en bedrieg deur onderrigkoste en ander uitgawes te verhoog.”

Dié ondersoek sal ook moet vasstel of diegene wat onderwysbystand ontvang werklik afhanklikes van militêre veterane of veterane self is.

“Ons weet van mense wat die stelsel vir onderwysbystand misbruik en bedrieg deur onderrigkoste en ander uitgawes te verhoog.

Volgens Ozinsky sal daar strafregtelik opgetree word teen sulke bedrieërs.

Die departement het reeds R142 miljoen se onderwysbystand vir basiese en hoër onderwys aan meer as 5 000 begunstigdes (veterane en afhanklikes) sedert die 2013-’14-boekjaar uitbetaal. Net R26 miljoen is aanvanklik hiervoor begroot.

Ozinsky het benadruk dat almal wat reeds onderwysbystand ontvang het en vanjaar daarvoor in aanmerking kom, wel op die databasis geregistreer is. Hy het erken daar is probleme met die databasis wat die voorsiening van sulke voordele aan veterane en hul afhanklikes kan beïnvloed.

Ons het ongelukkig nie die luukse van tyd om eers die databasis reg te stel nie.

“Ons het ongelukkig nie die luukse van tyd om eers die databasis reg te stel en dán eers voordele aan veterane te voorsien nie. Ons moet dit gelyktydig doen.”

Ozinsky het ook gesê ofskoon groot vordering die afgelope twee jaar gemaak is om veterane te bemagtig, het dit ook groot finansiële probleme geskep.

Nagenoeg 3 800 nuwe aansoeke om onderwysbystand van oor die land heen is vir 2017 van veterane en hul afhanklikes ontvang.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.