Kaapstad Verander Area

Vandag


28°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Maandag


27°C / 11°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 77%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 29km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 63%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 23km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 68%

Donderdag


21°C / 12°C

Wind 24km/h


Reënval 1.2mm


Humiditeit 66%

Vrydag


18°C / 12°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Sake

BEDROG-BAROMETER

SA is steeds onder korrupste in Afrika

‘Te min mense word vervolg’

Deur Adri van Zyl Donderdag 18 April 2013 9:54 nm.

Johannesburg. – Die suksesvolle vervolging van mense wat hulle skuldig maak aan korrupsie en bedrog in Suid-Afrika sal baie help om dié probleem hok te slaan.

Petrus Marais, hoof van wêreldwye forensiese dienste van KPMG en samesteller van die Barometer van Bedrog in Afrika, sê vergeleke met die aantal gevalle van bedrog in die land, word té min mense vervolg.

“Suksesvolle vervolging is ’n groot afskrikmiddel en daar is vordering gemaak, maar Suid-Afrika het steeds ’n groot probleem met bedrog en korrupsie.”

Uit die jongste barometer, wat elke ses maande deur die forensiese afdeling van KPMG opgestel word, blyk dit dat Suid-Afrika in die ses maande van Julie tot Desember weer eens die Afrika-land was waarin die meeste gevalle van bedrog en korrupsie aangemeld is.

Die aantal gevalle wat aangemeld is, het in die tydperk met 1,46% gestyg vergeleke met die eerste ses maande van verlede jaar, toe Suid-Afrika reeds die Afrika-land was waarin bedrog en korrupsie die meeste voorgekom het.

Die totale bedrag betrokke by bedrog en korrupsie in Suid-Afrika is $1,475 miljard. Net in Nigerië, waarin die aantal aangemelde gevalle minder is as in Suid-Afrika, was die waarde meer – $3 miljard. Dit is ’n toename van 50% vergeleke met die eerste ses maande van verlede jaar.

Die totale waarde van die 348 gevalle van bedrog en korrupsie in Afrika wat van Julie tot Desember aangemeld is, is $5,5 miljard.

Die aantal gevalle is 155 minder, maar die waarde is $3,1 miljard meer as in die vorige tydperk.

Sowat 75% van die aangemelde gevalle van bedrog in Afrika is in Nigerië, Kenia, Zimbabwe en Suid-Afrika.

Marais sê die daling in die getal gevalle is positief en dit stem ooreen met die bevindings van die korrupsiepersepsie-indeks van Transparency International.

Uit dié indeks blyk dit dat net vyf Afrika-lande van 2011 tot verlede jaar nie hul posisie op die indeks kon verbeter nie. Daar was ook net 13 Afrika-lande uit 174 wêreldwyd in die boonste 50% van dié indeks.

Die sektore wat in Afrika veral geraak word deur korrupsie en bedrog is regerings, gevolg deur landsburgers. Ander sektore waarin bedrog in die tweede helfte van verlede jaar skerp toegeneem het, is in verbruikersmarkte (11,21%), finansiële dienste (20,69%) en olie en gas (3,45%).

Bedrog in die finansiëledienstesektor was veral hoog in Nigerië, Kenia en Ghana.

Die meeste van die bedrog in Afrika word gepleeg deur werknemers, gevolg deur sindikate en bekende misdadigers.

Bedrog wat deur werknemers gepleeg word, het toegeneem tot 22% van die totaal, van 14%, en dié deur sindikate het van 10% tot 23% gestyg.