Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 14°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Donderdag


24°C / 14°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Vrydag


24°C / 14°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Saterdag


26°C / 17°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 44%

Maandag


24°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Sake

Toerisme beleef blomtyd in SA

Groei twee keer vinniger as gemiddelde

Deur Carin Smith Donderdag 25 April 2013 9:48 nm.

Pres. Jacob Zuma en Marthinus van Schalkwyk, minister van toerisme, word vermaak by die V&A ­Waterfront ná die aankondiging van die jongste internasionale toerismesyfers. Foto: EDREA DU TOIT

Kaapstad. – Altesame 9,19 miljoen internasionale toeriste het Suid-Afrika verlede jaar besoek – 10,2% meer as in 2011 en baie meer as die 3,4 miljoen in 1993.

En die internasionale toeriste het in 2012 ’n yslike R76,4 miljard in Suid-Afrika bestee, 7,6% meer as in 2011.

Pres. Jacob Zuma het gister toerismesyfers vir 2012 by die V&A Waterfront in Kaapstad bekend gemaak.

Suid-Afrika het in 2012 altesame 13,5 miljoen internasionale besoekers ontvang as die getal internasionale dagbesoekers by die getal internasionale toeriste (mense wat minstens een nag in die land oorbly) getel word.

Die gemiddelde duur van internasionale toeriste se besoek het egter van 8,5 nagte in 2011 tot 7,6 nagte in 2012 afgeneem.

“Ek is in my noppies dat die groei in toeriste wat Suid-Afrika verlede jaar besoek het, meer as dubbel die gemiddelde internasionale syfer van 4% is,” sê Zuma.

Hy skryf die groei toe aan onder meer die sukses wat die alleenstaande departement van toerisme sedert sy ontstaan in 2009 behaal het.

Hierdie stap is juis gedoen vanweë die potensiaal van die toerismebedryf om werk te skep en ’n reusebydrae tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) te lewer.

“Die groei wys ook dat Suid-Afrika hom onderskei as ’n unieke bestemming. Al die Suid-Afrikaners wat help om toeriste welkom te laat voel, lewer natuurlik ook ’n groot bydrae.”

Hy benadruk egter dat die toerismebedryf beslis nie op sy louere kan rus nie, want internasionale mededinging raak al hoe strawwer.

Die bydrae van die toerismebedryf tot die land se BBP was R84,3 miljard in 2011. Dit is 5% meer as in 2010.

In 2011 het die toerismebedryf werk aan byna 600 000 mense verskaf, 4,5% meer as in 2010.

* Grootste bronmarkte vir SA toerismebedryf in 2012

* Europa is steeds die hoofmark en 1,4 miljoen (9,5% meer) Europese toeriste het Suid-Afrika verlede jaar besoek.

* Altesame 33,7% meer toeriste het uit Asië gekom, aangedryf deur veral groei in toeriste uit China (132 334) en Indië (106 774).

* Toeristegetalle uit Sentraal- en Suid-Amerika was 37% hoër. Dis aangedryf deur veral goeie groei uit Brasilië (78 376).

* Brittanje is steeds die land waaruit die meeste toeriste na Suid-Afrika kom. Dié syfer was 4,2% hoër op 438 023.

* Die VSA is die tweede grootste bronland met 326 643 toeriste – ’n styging van 13,6%.

* Die derde grootste bronland is Duitsland: 13,6% hoër op 266 333.

* China is vierde: 55,9% hoër op 132 334. In 2011 was China agtste.Frankryk is vyfde: 16% hoër op 122 244.