Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


27°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 75%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Woensdag


24°C / 15°C

Wind 14km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Donderdag


22°C / 14°C

Wind 23km/h


Reënval 0.6mm


Humiditeit 72%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Sake

ONTWIKKELING

Ramaphosa: Beraad kom oor ekonomiese beleid

Sondag 19 Mei 2013 7:14 nm.

Cyril Ramaphosa

Die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) moenie beskou word as ’n dokument wat in beton gegiet is nie. Dit werk nie in opposisie met ander regeringsplanne nie, het Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC, gesê.

Ramaphosa, wat ook ondervoorsitter is van die Nasionale Beplanningskommissie, wat die NOP opgestel het, het by ’n kliëntesessie van die regsfirma Cliffe Dekker Hofmeyr gesê hy verwelkom debat oor die plan.

Skerp verskille tussen die NOP en ander regeringsbeleid het die afgelope tyd na vore gekom, soos die departement van energie wat aandring op ’n dringende besluit oor nuwe kernkragstasies, terwyl die NOP meen dis glad nie so dringend nie en te duur.

Ramaphosa het verwys na die National Union of Mineworkers se kritiek dat die plan nie radikaal genoeg is oor sake-eienaarskap nie, en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party se kritiek dat staatsleiers eerder ’n sleutelrol in beplanning moet speel.

“ ’n Beraad oor ekonomiese beleid onder die ANC en sy alliansievennote sal binnekort gehou word om die NOP volledig te bespreek,” het Ramaphosa beloof.

Nelisiwe Magubane, direkteur-generaal van energie, het verlede week tydens haar departement se begrotingsrede in die parlement gesê die NOP is net ’n breë, langtermyn-plan wat ’n algemene rigting aandui.

Ramaphosa sê die NOP sluit ’n plan in om 11 miljoen werkgeleenthede teen 2030 te skep en om armoede te verlig. Dit mik daarna om staatsdepartemente doeltreffend te laat werk en korrupsie te bestry.

Die regering steun ’n gemengde ekonomie waarin die staat en private sektor elkeen sleutelrolle speel, sê hy.