Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 16°C

Wind 41km/h


Reënval 2.2mm


Humiditeit 64%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 4.7mm


Humiditeit 68%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Saterdag


27°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Sondag


26°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Maandag


23°C / 15°C

Wind 42km/h


Reënval 0.3mm


Humiditeit 68%

Sake

Liberty: Stewige groei in nuwe premies

Deur adri van zyl Sondag 19 Mei 2013 6:52 nm.

Die sakebedrywighede van Liberty Holdings het in die eerste drie maande van die jaar voortgebou op die fondamente wat in die vorige boekjaar gelê is.

In ’n handelsverklaring vir die drie maande tot einde Maart sê die groep die kleinhandelbedrywighede in Suid-Afrika het veral goed gevaar, terwyl die bedryfsvertoning van die res van die bedrywighede sterk was.

Nuwe sake in die lewensafdeling het met 17% toegeneem tot R1,5 miljard. Dit is veral te danke aan ’n styging van 7% in nuwe herhalende premies by sy Suid-Afrikaanse bedrywighede en verkope van kredietlewensversekering.

Die beleggingsportefeulje van aandeelhouers is bevoordeel deur die styging op die markte en die opbrengs was beter as die teiken wat dié afdeling vir homself gestel het.

By die afdeling vir werknemervoordele het nuwe sake met 57% toegeneem tot R166 miljoen danksy ’n toename van 65% in nuwe herhalende premiesake.

Dié afdeling is op koers om verder te groei en onttrekkings is beperk tot R168 miljoen vergeleke met R488 miljoen in die vergelykende tydperk.

Die bates onder bestuur van die portefeuljebestuursafdeling Stanlib het met 1% toegeneem tot R469 miljard nadat nuwe beleggings met R5,4 miljard gegroei het. Die totale bates onder bestuur het ook baat gevind by die styging van die markte.

By sy bedrywighede in die res van Afrika het die groep se versekeringsbedrywighede vrugte gedra. Nuwe lewensbedrywighede het met 6% gestyg en die verhouding van eise tot premies in die korttermynversekeringsafdeling het verbeter.

Die twee nuwe afdelings in die groep, gesondheidsorg en regstreekse versekering, het in die oorsigtydperk belowend gegroei. 

Die gewildste berigte tans op Sake24.com :