Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


27°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 75%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Woensdag


24°C / 15°C

Wind 14km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Donderdag


22°C / 14°C

Wind 23km/h


Reënval 0.6mm


Humiditeit 72%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Sake

ALTRON

Mark verlig oor Altech-oorname

Deur David van Rooyen Sondag 19 Mei 2013 7:33 nm.

Johannesburg. – Beleggers in die beleërde Altech-groep is duidelik baie verlig dat dié maatskappy se beheermaatskappy, Altron, nou die probleemkind van hul hande af wil neem.

Altron het Vrydag aangekondig dat hy al die aandele in Altech (Allied Technologies) wat hy nog nie besit nie, wil bekom, en dat hy ’n premie van 32% daarvoor aanbied. Altron besit reeds 61% van Altech.

Dié premie is egter feitlik heeltemal uitgewis, want Altech se aandeelprys het Vrydag in reaksie op die aankondiging met ’n yslike 29,69% tot R44,60 verbeter. Altron bied R47,50 aan.

Die premie van 32% is gegrond op die aandeelprys van R35,96 op 20 Maart, die laaste verhandelingsdag voordat aangedui is dat Altech en Altron met samesprekinge besig is wat ’n invloed op die aandeelprys kan hê.

Na dié aankondiging is wyd bespiegel dat die onderhandelinge op ’n moontlike oorname dui – Altron het dit al vroeër probeer doen, maar kon toe nie die nodige steun daarvoor kry nie.

Dié keer gaan dit waarskynlik anders wees, want Altech se aandeelprys was teen die einde van April op die laagste vlakke in vyf jaar nadat die maatskappy se winsgewendheid die afgelope jaar sterk onder druk was.

Dis weens die groot verliese wat Altech se filiale in Oos- en Wes-Afrika gely het. Die verliesmakende filiale is sedertdien verkoop.

Altron het Vrydag aangekondig dat 59,1% van Altech se minderheidsaandeelhouers onderneem het om sy aanbod te aanvaar.

Altech het onder meer op 24 April vanjaar aangekondig dat hy die eerste keer nóg nie ’n dividend gaan betaal nie. Dit het daartoe gelei dat die aandeelprys op die dag tot R31,20 verswak het, want Altech was tot dusver ’n stewige dividendbetaler, met ’n dividendopbrengs van meer as 6%.

Altron bied nou aan om die oorblywende aandele in Altech vir R47,50 kontant te koop of vir 2,22 Altron-voorkeuraandele vir elke Altech-aandeel.

Dit plaas ’n markwaarde van sowat R4,05 miljard op Altech en gaan aan Altron ’n markwaarde van R10,3 miljard besorg.

Die aanbod maak egter daarvoor voorsiening dat nie meer as die helfte van die aandele waarvoor die aanbod gedoen word, met voorkeuraandele gekoop kan word nie.

As daar vir meer as die helfte van die aandele aanbiedinge in ruil vir voorkeuraandele is, sal die persentasie bo 50% in kontant afgelos word.

Die voorkeuraandele dra geen stemreg nie.

Altron het reeds twee van sy ander filiale wat eens genoteer was, Bytes Technology en Powertech, se minderhede uitgekoop.

Robbie Venter, Altron se uitvoerende hoof, sê dit sal makliker wees om sinergieë tussen Bytes en Altech te ontsluit as albei maatskappy ten volle deur Altron besit word.

Die gewildste berigte op Sake24.com :