Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 38km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Maandag


26°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Dinsdag


23°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Nuusflitse
OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Sake

KLEINHANDEL

Shoprite vermoed werker sit agter dreigement

Deur Letitia Watson Sondag 19 Mei 2013 7:31 nm.

Shoprite het geen bomme in sy Nigeriese winkels gevind nie en het ook geen “formele dreigement” ontvang nie.

Dit kom nadat beweringe die ronde gedoen het dat dié kleinhandelgroep Donderdag ’n dreigement gekry het dat Shoprite-winkels opgeblaas gaan word. Plofstof was blykbaar reeds in pakkies vrugtesap weggesteek in ’n winkel in Lagos.

Die nuusagentskap CAJ News het berig dat Ngozi Braide, hoof van openbare betrekkinge van die Lagos-staatspolisiekantoor, die dreigemente bevestig het. Die verdagtes was na bewering Boko Haram-terroriste.

Shoprite, die grootste kleinhandelaar in Afrika, het aan Sake24 bevestig dat hul wel hul winkels Donderdag gesluit het nadat ’n SMS van ’n naamlose persoon ontvang is. Die groep het ses winkels in dié land.

“Ons glo dit was afkomstig van ’n ontevrede personeellid. Ons het geen formele dreigement van enige organisasie daar ontvang nie.”

Die besluit om die winkels te sluit, was volgens die groep om sy kliënte die sekerheid te gee dat hulle veilig hul inkopies kan doen.

Geen bewys van enige bom is in die winkels gekry nie.

“Die Shoprite-groep het geen verbintenis of betrokkenheid by enige groep in Nigerië nie. Ons het ’n a-politiese standpunt in al die lande waarin ons sake doen,” het die woordvoerder gesê.

Die groep se winkels het Vrydag weer normaal handel gedryf.

Die gewildste berigte op Sake24.com: