Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.4mm


Humiditeit 75%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Dinsdag


29°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Woensdag


22°C / 16°C

Wind 41km/h


Reënval 12.9mm


Humiditeit 72%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 5.5mm


Humiditeit 66%

Vrydag


22°C / 15°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Sake

BREË SEB

Hersiene kodes kan bemagtiging erg bemoeilik

Deur Niel Joubert Donderdag 30 Mei 2013 9:38 nm.

Johannesburg. – Die afgelope paar jaar was daar ’n groot verbetering in voldoening aan die vereistes van breë swart ekonomiese bemagtiging (BSEB), maar kliënte plaas groter druk op hul verskaffers om nog meer te doen.

Baie ondernemings sukkel reeds om die paal te haal, en die hersiene kodes van goeie praktyk gaan dit nóg moeiliker maak om voldoende BSEB-vlakke te bereik.

Die gemiddelde telling op maatskappye se bemagtigingstelkaart was verlede jaar 63,94 teenoor slegs 46,11 in 2008, volgens KPMG se sewende jaarlikse SEB-verslag, wat gister uitgereik is.

Die meeste ondernemings drentel tussen vlak 4 en 5, sê Bonolo Sinobolo, senior bestuurder van transaksionele dienste van KPMG. Vlak 4 is die minimum wat vereis word om ’n verskaffer van die regering te word. Vlak 4 was altyd die norm wat kliënte van ondernemings verwag het, maar dit gebeur al hoe meer dat vlak 3 en selfs 2 vereis word, sê Sinobolo.

Maatskappye vereis dat hul verskaffers aan bemagtigingsvereistes voldoen omdat hulle op dié manier punte op hul eie telkaart verdien.

Van die respondente in KPMG se peiling het 43% gesê kliënte verwag vlak 4 – maar meer as die helfte (51%) verwag ’n hoër vlak: 19% vlak 3 en 23% vlak 2.

Die departement van handel en nywerheid het aangedui dat die nuwe kodes al volgende maand in die Staatskoerant afgekondig sal word. Daar is twee groot veranderinge aan die hersiene kodes wat ondernemings gaan laat sukkel, sê Sinobolo.

Eerstens word die sewe elemente op die SEB-telkaart tot vyf verminder. Voorkeurverkryging en ondernemingsontwikkeling word saamgevoeg, asook indiensnemingsekwiteit en bestuursbeheer.

Tweedens, as ’n onderneming nie aan die minimum vereistes voldoen in die elemente eienaarskap, vaardigheidsontwikkeling en ondernemingsontwikkeling nie, sal die totale SEB-telling verlaag word.

Verreweg die meeste (91%) van die respondente verwag dat die hersiene kodes hul SEB-vlak sal afdruk en meer as die helfte (55%) glo nie die nuwe kodes sal voldoening verbeter nie.

Lees alle artikels op Sake24.com  verniet. Gaan na Sake24.com  vir vars markpryse en die jongste geldnuus.

Gewild op Sake24.com  :