Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 15°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


23°C / 14°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 66%

Dinsdag


23°C / 13°C

Wind 17km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 60%

Woensdag


23°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Donderdag


23°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 2.9mm


Humiditeit 81%

Sake

BEGROTINGSTEKORT

Rand-bloedbad duur voort

Maatskappybelasting daal, en dit lyk of troebel tye voorlê

Deur Mari Blumenthal Donderdag 30 Mei 2013 10:07 nm.

Pres. Jacob Zuma gister op die nuuskonferensie in Pretoria wat die vryval van die rand voorafgegaan het. Foto: FRANCO MEGANNON

Pretoria. – Die staat se geldsake stuur op baie groter probleme af as wat aanvanklik gemeen is.

Dit was nog een van die redes waarom die rand gister die eerste keer sedert Maart 2009 tot meer as R10 vir ’n dollar verswak het.

Teen 9:50 op Vrydagoggend, was die rand slegs R10.19 vir 'n dollar werd.

Die rand se vryval, wat deur pres. Jacob Zuma se nuuskonferensie in Pretoria aan die gang gesit is, is vererger deur die tesourie se aankondiging dat die staat se uitgawes sy inkomste in April met R41,2 miljard oorskry het.

Dié syfer was heelwat groter as die R25 miljard wat ekonome verwag het.

Dit dui daarop dat die staat se begrotingstekort in die huidige boekjaar groter gaan wees as wat verwag is.

George Glynos, ekonoom by ETM Analytics, sê syfers oor die maandelikse inkomste en uitgawes kan dikwels wisselvallig wees, maar dit is steeds kommerwekkend dat dit veral minder belastinginkomste van maatskappye af was wat die staatskas geknou het.

“Dit kan ’n rede tot kommer wees as dit ’n tendens word dat maatskappye se belasting laer is as ’n jaar tevore.”

As maatskappye deurgaans minder belasting betaal, dui dit daarop dat hul winste ook laer is en dat die ekonomie spoed verloor.

Glynos sê ekonomiese data dui daarop dat die land se ekonomiese vooruitsigte vir die jaar nogal troebel is.

Groei in die bruto binnelandse produk (BBP) in die eerste kwartaal van vanjaar was veel laer as wat ekonome verwag het.

Die finansiële markte het gister gehoop dat Zuma ’n aanduiding sou gee van wat die regering beplan om die ekonomie ’n hupstoot te gee, maar toe sy nuuskonferensie niks opgelewer het nie, het die rand skerp begin daal.

Glynos sê verskeie aanwysers dui ook daarop dat verbruikers se finansiële posisie vanjaar begin verswak het. Hy sê die wyse waarop verbruikers steeds veral ongesekureerde skuld aangaan, kan daarop dui dat hulle geld leen net om kop bo water te hou.

Kredietverlening

Die Reserwebank het gister bekend gemaak dat die totale kredietverlening aan die private sektor in April 9,1% hoër was as ’n jaar gelede. Dit was in Maart net 7,8% hoër.

Dit was veral huishoudings wat kredietverlening in April laat groei het en hulle het 0,4% meer skuld aangegaan. Maatskappye se uitstaande skuld het met 1,2% afgeneem.

Groei in ander lenings en voorskotte, wat ongesekureerde skuld verteenwoordig, het in April verlangsaam tot 25,4%, vanaf 27% in Maart.

Elna Moolman, ’n ekonoom by Macquarie Group, sê die groei in kredietverlening het in April vanjaar sterker gelyk in vergelyking met die lae vlakke waarop dit in April verlede jaar was.

Busisiwe Radebe, ’n ekonoom by Nedbank, sê dit is onwaarskynlik dat laer rentekoerse genoeg sal wees om dié probleem op te los.

Radebe sê swak ekonomiese vooruitsigte beteken dat die Reserwebank graag die repokoers verder sou wou verlaag, maar inflasie is tans te hoog om dit met gemak te doen.

“Die Reserwebank moet ’n balans handhaaf tussen swak groei en stygende inflasie. Dit gaan nóg moeiliker wees met die rand in vryval soos vandag.”

Goudaandele styg skerp nadat rand vryval

Hulpbronaandele op die JSE het gister sterk gestyg in reaksie op die rand wat deur die R10-vlak teenoor die dollar verswak het.

Veral die top-goudaandele het met dubbelsyfers geklim danksy ’n hoër goudprys, met Harmony Gold wat met ’n hele 17% tot R41,19 gestyg het, DRDGold met 11,2% tot R5,63, en AngloGold Ashanti en Gold Fields elk met 10% tot onderskeidelik R175,95 en R62,20.

Hoe swakker die rand, hoe groter wins kan mynmaatskappye maak wat hul produkte uitvoer.

Aan die ander kant van die munt het eiendomsaandele ’n kwaai insinking beleef, met Fountainhead wat met 6% tot R8,39 gedaal het nadat Growthpoint (self 4% laer op R25,75) besluit het om finaal sy oorname-aanbod vir Fountainhead terug te trek.

Ander eiendomsaandele wat ook swaar getrek het, was Rebosis, Acucap, Resilient en Redefine, wat almal met 5% of meer geval het.

Die indeks van alle aandele was 1,72% of 708 punte hoër op 41 941,88. Die top-40-indeks was 2% hoër op 37 500.

Die hulpbronindeks was 4% hoër, die nywerheidsindeks het met 1,29% gestyg en die finansiële indeks was effens op met 0,95%.

Lees alle artikels op Sake24.com  verniet. Gaan na Sake24.com  vir vars markpryse en die jongste geldnuus.

Gewild op Sake24.com  :