Kaapstad Verander Area

Vandag


32°C / 19°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 40%

Donderdag


33°C / 18°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 42%

Vrydag


26°C / 19°C

Wind 21km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 60%

Saterdag


24°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 4.4mm


Humiditeit 49%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 37%

Maandag


32°C / 18°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 28%

Nuusflitse
​Johnny Depp herstel van ‘chupacabra-aanval’ ​Voltaire se boek ’n topverkoper ANC wil grondbesit beperk Polisie speel groot rol in ernstige misdaad - SAIRV Krokodil byt man van Pretoria aan been 4 mense sterf in bankdrama in Rusland De Zalze-bloedbad: 16-jarige is nog kritiek Beweerde metropolisie-roof: 2 verskyn in hof IS eis vrylating van terroris in ruil vir gyselaars Belastingbetalers dok op vir Ace Magashule se 72 gaste in Kuba 3 gesinslede dood in bloedbad by gholflandgoed Belfast-stadsraad: ‘Vermy vis op straat’ Vegvliegtuig stort neer: Dodetal styg tot 11 ANC gaan vir Selebi-begrafnis betaal 7 huiskomiteelede van Potch voorlopig geskors 3 mense op De Zalze vermoor Metropolisie beroof glo ma, 2 kinders Fliek oor FW de Klerk draai in die VSA Facebook-gebruikers ruk lank ‘in duister’ 10 dood toe vegvliegtuig teen ander vliegtuie bots Brandfort: Oë rek oor reuse-uitgawes Top-spioen in hof oor bedrog Padwoede-verhoor tot Augustus uitgestel Man sterf in ongeluk by nywerheidsonderneming SAL kanselleer vlugte na New York weens slegte weer Vrou op staproete in Llandudno beroof Nelspruit-ouma glo as seksslaaf aangehou 5 stories wat jy nie kan mis nie Valke trek 10 Nigeriërs vas Air Malaysia se webruimte binnegedring Mej. Heelal kom uit Colombia Oudsoldate van SA help in stryd teen Boko Haram Man in hof ná skietery by vulstasie in Kaapstad Kerk neem afskeid van jong dominee ná fratsongeluk ​Nigeriërs in hof ná dwelmklopjag ​Onsekerheid of lasbrief vir Zuma se seun uitgereik is ​Sir David Graaff oorlede ​Man verdrink by Coney Glen in Knysna ​Man met steekwonde vas aan boom gevind ​Japanse premier ‘sprakeloos’ ná onthoof-video ​Ruimtetuig op Mars gevind
Sake

PPI

Swakker rand kan produsente se pryse opstoot

Deur Mari Blumenthal Donderdag 30 Mei 2013 21:44

Pretoria. – Die veel swakker rand kan beteken dat laer produsentepryse gou weer klim.

Produsenteprys-inflasie op vervaardigde goedere het verlede maand tot 5,4% verlangsaam, van 5,7% in Maart af.

Dié syfer verteenwoordig die verandering in die pryse wat die produsente van klaar vervaardigde goedere vir hul produkte kan vra.

Kamilla Kaplan, ekonoom van Investec, sê veral laer kommoditeitspryse het gehelp om die produsenteprys-inflasie verlede maand af te druk. Die laer olieprys het ook gehelp om dit in toom te hou, maar ’n swakker rand het dié voordeel beperk.

Kaplan sê die wisselkoers speel ’n sleutelrol in die wyse waarop wêreldwye kommoditeitspryse plaaslike produsente se koste verhoog.

“Daar is ruimte vir produsenteprys-inflasie om verligting te gee weens die laer olieprys en effens sterker rand in Maart en April, want dié bewegings het ’n sloerende uitwerking van ongeveer twee maande.”

Dié sloering beteken egter ook dat die rand se swak vertoning vandeesmaand binnekort weer in produsenteprys-inflasie duidelik sal wees.

Die wisselkoers raak ook die pryse van voedsel op landbouvlak omdat die pryse van koring en mielies internasionaal bepaal word.

Voedselpryse op vervaardigingsvlak was verlede maand 6,5% hoër as in April verlede jaar. In Maart was dit 6,3% hoër.

Daar was egter ’n skerper styging in voedselpryse op landbouvlak van 1,3%. In Maart was dit nog 0,2% laer.

Lees alle artikels op Sake24.com  verniet. Gaan na Sake24.com  vir vars markpryse en die jongste geldnuus.

Gewild op Sake24.com  :