Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Woensdag


25°C / 16°C

Wind 12km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 34km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Vrydag


25°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Saterdag


24°C / 14°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Sake

JSE bereik nuwe hoogte, maar rand kry pak

Deur i-net bridge, reuters Vrydag 31 Mei 2013 10:35 nm.

Terwyl alle oë gister weer op die rand was, het die JSE se indeks van alle aandele ’n vars hoogtepunt bereik en deur die vlak van 42 000 gebreek.

Die beurs het 0,18% hoër op 42 016 punte gesluit.

Vir die maand tot op hede is die indeks van alle aandele sowat 8% hoër, gelei deur die hulpbron- en nywerheidsindeks wat bevoordeel is deur die swak wisselkoers.

Ian Cruickshanks, onafhanklike ontleder, sê maatskappye wat heelwat van hul inkomste in die buiteland verdien, het ook op grond van randswakheid die afgelope week goeie lopies beleef.

Die rand het gister vir die soveelste dag slae gekry en het in ’n stadium tot R10,28 teenoor die Amerikaanse dollar verswak. Teen laatmiddag het dit herstel tot ’n vlak van R10,05.

Daar is egter kommer oor verdere randswakheid op kort termyn nadat die handelsbalans vir April veel swakker as verwag was.

Dié tekort het op R15 miljard te staan gekom.

In Maart was die handelstekort R7,8 miljard.

Kevin Lings, hoofekonoom van Stanlib, sê hoewel ’n tekort nie ’n verrassing was nie, is so ’n erge tekort nie verwag nie.

“Suid-Afrika sukkel met uitvoer en die vraag na ingevoerde goedere is hoog. Dit belig die kwesbaarheid van die rand. Ons moet steeds groot bedrae buitelandse geld lok om die rand se verswakking te keer en dít het ons nie in die onlangse verlede goed reggekry nie.

“Dit wys weer hoe afhanklik Suid-Afrika van buitelandse geld is,” het Lings gesê.

Die webwerf www.sake24.com is jou gratis portaal tot wisselkoerse, aandeelpryse, sakenuus en meer. Die gewildste berigte op die oomblik is: