Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


27°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 75%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Woensdag


24°C / 15°C

Wind 14km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Donderdag


22°C / 14°C

Wind 23km/h


Reënval 0.6mm


Humiditeit 72%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Sake

SWAKKER GELDEENHEID

Twee maniere waarop klein beleggers die rand kan troef

ETF’s en randverskanste aandele is ideaal

Deur Shaun van den Berg, Tegniese Siening Vrydag 31 Mei 2013 10:35 nm.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank en die monetêrebeleidskomitee het ondanks ’n trae ekonomie besluit om die repokoers onveranderd te laat.

Terwyl die Reserwebank wel inskiklik is vir ’n verlaging van die repokoers vanjaar, wek die uitwerking van inflasie weens die swakker rand heelwat kommer.

In wese maak die swakker rand invoer duurder, terwyl loonooreenkomste van hoër as die inflasiekoers ook ’n bydrae tot inflasie lewer.

Met die rand wat nou tot die laagste vlak in sowat vier jaar gedaal het, is daar aan die ander kant ook positiewe faktore.

Dit bring mee dat die land se uitvoer meer mededingend raak, terwyl dit die groot gaping tussen die land se in- en uitvoer vernou.

Alternatiewelik kan hierdie gaping, oftewel die handelstekort, ook gesien word as die uitvloei van geld na die buiteland namate buitelandse beleggers die rand verkoop om ander geldeenhede aan te skaf.

Die trae Suid-Afrikaanse ekonomie is in ’n ander sin ook ’n groot bron van kommer vir die Reserwebank. Die vermyding van verliese aan werkgeleenthede is belangrik vir die ANC-regering in die aanloop tot aanstaande jaar se verkiesing.

Ondanks dit alles is daar tog ’n voordeel wat kleiner beleggers uit die situasie kan put. Die swakker rand bied die ideale geleentheid om in randverskanste aandele te belê.

Hier kan maar net na British American Tobacco (JSE: BAT) gekyk word.

Dié bloubloed-aandeel het in die laaste tyd skerp gestyg en in so ’n mate dat dit ver bo sy bewegende gemiddelde van 50 dae en 200 dae verhandel. Dit is egter so dat die aandeel hom nou diep in oorgekoopte gebied bevind.

Hy kan dalk weens winsneming tot die bewegende gemiddelde van 50 dae terugsak.

Dié aandeel kan gerus dopgehou word aangesien so ’n daling ’n uitstekende geleentheid sal bied vir ’n transaksie.

Te midde van BAT se goeie vertoning is daar ook ’n alternatief om na te kyk.

Dit bestaan uit beursverhandelde produkte – ETF’s, soos daar in kort na verwys word – wat op die JSE genoteer is en die vernaamste internasionale markindekse weerspieël.

Dié buitelandse ETF’s word primêr deur Deutsche Bank uitgereik en bied sodoende beleggers toegang tot ontwikkelde markte soos Europa, Brittanje, die VSA en Japan, asook opkomende markte soos Afrika en China.

Dié beleggingsprodukte val onder die “inwaartse” noteringsreëls en vereistes van die JSE omdat dit in rand verhandel word, wat daarvan ’n suiwer randverskanste belegging met buitelandse blootstelling maak.

Wat dit nog beter maak, is die feit dat dit nie ’n belegger se buitelandse beleggingstoelae raak nie en ’n maklike opsie bied om ’n aandeleportefeulje ook geografies te diversifiseer.

China is tans die tweede grootste ekonomie in die wêreld. In teenstelling met die VSA pomp China nie groot hoeveelhede geld in sy ekonomie deur staatseffekte op te koop nie. China sny ook nie sy rentekoerse om soos die Europese Sentrale Bank sy ekonomie te stimuleer nie.

China bestee eerder geld aan onderwys, infrastruktuur, gesondheidsorg en behuising. Dit is dinge wat sy mense nodig het om die gehalte van hul lewe te verbeter.

Deutsche Bank bied ’n beursverhandelde nota wat as die MSCI China TR Index Exchange Traded Note (DBCHINETN) bekend staan. Dit bied beleggers blootstelling aan die opbrengs van 135 van China se top- genoteerde maatskappye, wat China Mobile, Petro China en Tencent insluit. Die DBCHINETN verhandel tans ver bo sy bewegende gemiddeldes van 50 dae en 200 dae. Terselfdertyd verkeer dit in oorgekoopte gebied wat ’n insinking weens winsneming moontlik maak en sodoende ’n koopgeleentheid kan bied.

Sowel BAT as DBCHINETN bied die geleentheid om voordeel uit die swakker rand te trek. DBCHINETN kan dalk ’n kortkop voor wees met minder risiko en ’n groter mate van diversifikasie wat dit die belegger bied.

* Shaun van den Berg is die hoof- tegniese ontleder van PSG Online.

Die webwerf www.sake24.com is jou gratis portaal tot wisselkoerse, aandeelpryse, sakenuus en meer. Die gewildste berigte op die oomblik is: