Kaapstad Verander Area

Vandag


29°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


27°C / 17°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Dinsdag


26°C / 17°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Woensdag


24°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Donderdag


25°C / 16°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 66%

Vrydag


21°C / 14°C

Wind 19km/h


Reënval 2.8mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Sake

Beleggings

Waar is my geld veilig?

Drie kenners gee beleggingsraad.

Vrydag 07 Junie 2013 10:26 nm.

’n Omgewing van lae rentekoerse skep ’n dilemma vir beleggers, veral as hul versugting is om hul geld in ’n “veilige, gewaarborgde produk” te belê. Sake24 het ’n paar kenners uitgevra oor wat die beste opsies is.

’N LESER VRA:

"Wat doen jy moet ’n geldjie wat jy wil belê? En is dit darem gewaarborg? Ek glo glad nie aan aandele nie en vat glad nie kanse nie."

ALMAL SE DILEMMA

’n Veilige belegging met ’n voorspelbare, redelike opbrengs en die gerusstellende wete dat jou kapitaal veilig is, is tans die versugting van miljoene mense wêreldwyd, sê Max van der Wath, ’n gesertifiseerde finansiële beplanner van PSG.

Pensioentrekkers, mense met korttermyn- finansiële doelwitte en diegene wat nie genoeg kapitaal het om (selfs net tydelike) verliese te absorbeer nie, staan almal voor hierdie dilemma.

Alle finansiële produkte waar daar ’n waarborg ter sprake is, is gewoonlik gekoppel aan ’n termyn. As ’n belegger byvoorbeeld nou ’n vyfjaar- gewaarborgde plan (verskeie banke en versekeringsmaatskappye bied dié opsie) of, nog erger, lewenslange gewaarborgde lyfrentes (in geval van pensioengeld) sou koop, moet hy aanvaar hy koop dit by of baie naby aan die bodem van die rentekoerssiklus. 

Rentekoerse en verwagtinge oor toekomstige rentekoerse is die deurslaggewende faktor by enige gewaarborgde produk, sê Van der Wath.

Daar is talle vyfjaar- gewaarborgde produkte wat in 2008 uitgeneem is met gewaarborgde koerse van 11,5% en selfs meer wat nou uitbetaal. Hierdie beleggers het dus vir die afgelope vyf jaar ’n veilige, gewaarborgde opbrengs van 11,5% geniet, selfs al het rentekoerse so skerp gedaal.

Soortgelyke vyfjaarprodukte bied egter tans gewaarborgde koerse van slegs 6,3% en gewaarborgde lyfrentes waar pensioengeld betrokke is slegs 7% tot 8%. Verskeie banke bied ook gewaarborgde inkomste wat wissel tussen 5% en 8%, na gelang van die termyn.

“In ’n land soos Suid-Afrika en saamgelees met die wêreldwye eksperiment van sentrale banke, skuil daar altyd die gevaar van hoë inflasie en as gevolg daarvan dikwels hoë rentekoerse. Beleggers moet onthou dat rentekoerse en ander ekonomiese veranderlikes heeltyd verander en die landskap kan selfs oor ’n jaar van nou af totaal anders lyk,” sê Van der Wath.

“Ek sou dit nie aanbeveel dat kliënte op hierdie oomblik hulself verbind tot enige van hierdie produkte nie. Dit het hul plek, maar dan eerder in ’n hoë-rentekoersomgewing.”

WEES KATVOET HIERVOOR

Wees baie versigtig vir die woord “waarborg”, sê Andro Griessel van Provérte Wealth Management. ’n Waarborg is net so goed soos die maatskappy wat daaragter staan. “As die belegging nie gewaarborg word deur een van die groot versekeraars of banke nie, sou ek voorstel die leser vat sy goed en laat spaander by die naaste deur uit!”

Met ander woorde, moenie elke Jan Rap en sy maat glo wat vir jou mooi broodjies bak oor hoë, “gewaarborgde” opbrengste nie.

“Daarby moet ’n mens net uitlig dat banke nie noodwendig so veilig is soos wat baie mense dink nie; dink maar terug aan Saambou en die meer onlangse bankkrisis in Amerika.

“Hoewel ek nie kan sien dat die Reserwebank ooit weer sal toelaat dat ’n bank in Suid Afrika ondergaan nie, moet beleggers besef dat ’n vaste deposito by ’n bank behels dat sy geld op die bank se balansstaat is.

“Geldmarkbeleggings (binne ’n effektetruststruktuur) is nie op die finansiële instelling se balansstaat nie en is in dié opsig veiliger as vaste deposito’s.”

STAP EEN: MAAK ’N PLAN

Dis bykans onmoontlik om beleggingsadvies aan iemand te gee sonder meer inligting, soos wat die doel van die belegging is.

Jeanette Marais, direkteur van distribusie en kliëntediens by Allan Gray, sê mense maak dikwels die fout om te vra watter beleggingsproduk hulle nodig het, terwyl die eerste stap eerder jou plán vir langtermynspaar moet wees. “ ’n Plan gee aan jou ’n idee van waar jy uiteindelik wil wees.”

Met ’n plan in die sak, kan jy begin kyk na beleggingsprodukte wat jou sal help om die doelwitte van jou plan te bereik.

’n Onafhanklike finansiële adviseur kan jou help om jou plan te formaliseer, en hy kan jou ook help sin maak uit die verskeie en soms komplekse finansiële produkte.

Maar selfs nog belangriker: ’n Finansiële adviseur sal jou help om gedissiplineerd te wees en te verstaan hoe jou emosies en optrede ’n negatiewe impak op jou potensiële beleggingsopbrengs kan hê, sê Marais.

Hier is ’n paar sleutelvrae wat jy kan beantwoord as ’n uitstekende beginpunt om struktuur aan jou plan te gee.

* Vir hoe lank wil ek belê?

Dis belangrik om te weet vir hoe lank jy die belegging wil hou omdat sommige beleggingsprodukte (soos uitkeerpolisse) vir ’n spesifieke tydperk vasgemaak is. Jy wil nie in ’n situasie beland dat jy nie toegang tot jou geld het wanneer jy dit nodig het nie.

Verskillende bateklasse (aandele, effekte, eiendom en kontant) is gepas vir verskillende tydperke. Hoe lank jy dit kan bekostig om die geld te belê, word bepaal deur jou doel, byvoorbeeld hoe lank nog voordat jou kinders universiteit toe gaan, hoeveel jaar jy van aftrede af is, of jy ’n noodfonds wil begin of spaar vir ’n nuwe voertuig.

Hoe langer jou beleggingshorison is, hoe meer beweegruimte het jy om die risiko van markwisselvalligheid te neem met jou belegging.

* Wat is my houding teenoor risiko en potensiële opbrengs?

Hoe gemaklik is jy met wisselvalligheid op kort termyn om ’n voldoende opbrengs op langer termyn te bereik?

Besluit hoeveel korttermynstabiliteit jy bereid is om op te offer en bepaal jou risiko-aptyt – dit sal jou help besluit oor batetoewysing.

Bateklasse met die potensiaal vir groter opbrengs het ’n groter risiko vir kapitaalverlies sowel as korttermynwisselvalligheid. Maar as jy die voordele van ’n groter inkomste op lang termyn wil geniet, moet jy bereid wees om dié risiko te verduur.

* Wil ek kapitaalgroei hê of ’n inkomste – of albei?

Jou beleggingskeuse hang af van wat jy wil bereik: Wil jy hê jou spaargeld moet groei (met ander woorde kapitaalgroei) of wil jy ’n gereelde inkomste uit jou spaargeld hê?

Jou doelwit speel ook ’n rol in die besluit oor batetoewysing.

Dis nie maklik om die balans reg te kry in jou batetoewysing nie. Voordat jy begin, moet jy oorweeg hoeveel groei jy nodig het in jou belegging en hoeveel risiko jy kan bekostig.

Eers wanneer jy hierdie vrae beantwoord het, kan jy begin kyk na produkte wat aan jou behoeftes voldoen, sê Marais.

RISIKO OP DIE KEPER BESKOU

Jan-Carel Botha van Ultima Finansiële Beplanners sê die lesersvraag hierby is een wat kliënte elke liewe dag vra. Wanneer die leser sê hy “vat nie kanse nie”, verwys hy waarskynlik na die “beleggingsrisiko” – en die woord “risiko” veroorsaak angs, sê Botha.

Hy verduidelik dat daar drie soorte risiko is wat jou beleggings kan raak:

1. Permanente risiko, met ander woorde waar die produk of skema waarin jy belê het, nie langer ekonomiese volhoubaar is nie. Bedrogrisiko sluit hierby aan: dat jy belê in ’n skema wat op bedrieglike wyse bedryf word.

Gevaarligte moet in jou kop flikker as mense aan jou ’n opbrengs belowe wat veel hoër as die heersende rentekoerse is. Hier loop jy die risiko dat jy al jou geld verloor.

2. Tydelike risiko, wat met markskommelinge verband hou.

3. Inflasierisiko, met ander woorde die risiko dat jou geld sy koopkrag verloor en dat jy uiteindelik nie genoeg geld het om jou leeftyd lank te hou nie.

“As jy die eerste soort risiko kan vermy, is nommer drie die een wat jy met valkoë moet dophou,” sê Botha.

Baie mense vrees tydelike risiko, en dis onnodig, want oor tyd het aandele hulle oor en oor bewys as die beste belegging.

Botha verduidelik dit só: “Op lang termyn is aandele maar net besighede, en besighede hou die ekonomie aan die gang.”

WAT KAN OORWEEG WORD?

Om die leser se vraag te beantwoord, stel Van der Wath van PSG die volgende opsies voor:

* RSA Kleinhandel-staatseffekte – bied 6%, maar die termyn is darem net twee jaar. Die Suid-Afrikaanse regering waarborg die opbrengs en daar is twee opsies: die inkomste- en die inflasie-gekoppelde opsie. Die produk kan direk by die Poskantoor en geselekteerde kleinhandelaars of aanlyn gekoop word. Beleggers kan met so min soos R1000 ’n rekening open. Ons beveel egter net die twee-jaar-inkomste-opsie aan aangesien die rentekoers in die toekoms kan styg.

* Geldmarkfondse – bied 5,2% en daar is nie ’n verpligte termyn nie. Die fondsbestuurder mag slegs in korttermyn-kapitaalinstrumente belê en die kapitaal is veilig. ’n Minimum beleggingsbedrag word gewoonlik vereis, maar die opbrengskoerse is ’n bietjie beter as ’n bankrekening.

* Inkomstefondse – die mediaanopbrengs is tans 8,68% met geen verpligte termyn nie. Die fondsbestuurder mag in korporatiewe en staatseffekte, voorkeuraandele, ander vaste-renteinstrumente, eiendom en kontant belê. Buitelandse instrumente kan ook in spesifieke gevalle ingesluit word. Daar is wel ’n risiko van kapitaalverlies, maar histories presteer hierdie produkte sowat 2% beter as geldmarkfondse.

* Absolute-opbrengsfondse – mediaanopbrengs is 13,59% met geen verpligte termyn nie. Die fondsbestuurder mag in verskeie bateklasse plaaslik en in die buiteland belê. Hierdie kategorie van fondse word onderskei deurdat die fondsbestuurder nie die een of ander maatstaf moet klop nie, maar spesifiek as deel van sy mandaat moet fokus op die risiko van kapitaalverlies.

Die oorgrote meerderheid van dié fondse sal selde ’n verlies in enige 12-maande-tydperk ly en die meeste van die fondse bied ’n opbrengs van inflasie +3% oor ’n driejaartermyn. Die belegger kry dus ’n lae-risikofonds wat sy kapitaal beskerm en wat onder gunstige omstandighede ’n hoë opbrengs kan lewer.

Met die uitsondering van die RSA Kleinhandel-staatseffekte bied bogenoemde produkte geen waarborg nie en daarom is daar ook nie ’n verpligte termyn nie.

“ ’n Kundige adviseur kan help om ’n kombinasie van die produkte te gebruik om teen lae risiko steeds ’n leefbare inkomste en opbrengs te behaal in hierdie moeilike tye vir renteniers,” sê Van der Wath.

vGaan na Sake24.com vir gratis markaanwysers en geldnuus.

Gewild op  Sake24.com: