Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 14°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Dinsdag


25°C / 15°C

Wind 21km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 65%

Woensdag


24°C / 16°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Donderdag


24°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 35km/h


Reënval 0.8mm


Humiditeit 54%

Saterdag


26°C / 18°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sake

LUGDIENSTE

Airbus se A350 styg met groot fanfare op

Deur reuters Vrydag 14 Junie 2013 1:38 nm.

Die langverwagte A350 is 'n mededinger vir Boeing se 787 Dreamliner. Albei vliegtuie is brandstofdoeltreffender en kan dus langer vlugte onderneem.

Toulouse. – Europa se nuutste passasierstraler, die A350, het Vrydag sy aanvangsvlug suksesvol onderneem.
Met ’n skare van meer as 10 000 toeskouers en werknemers het die vaartbelynde straler met opwip-vlerkpunte van Airbus se Toulouse-aanleg die bewolkte lug in opgestyg. Aan boord was ’n bemanning van ses met valskerms en oranje oorpakke en tonne toetsapparaat aan boord.
Die vlug, met twee voormalige Britse en Franse vegvlieëniers aan die stuur, sal na verwagting vier ure lank duur en is die gevolg van agt jaar se ontwikkeling wat sowat $15 miljard gekos het.
Die langverwagte vlug, wat drie dae voor die Paryse lugskou plaasvind, is ’n mylpaal vir Airbus, wat meeding vir verkope met Boeing se 787 Dreamliner vir ’n nuwe generasie liggewig stralers wat van ’n koolstofsamestelling vervaardig is. 
Die stralers ontwerp is om brandstofdoeltreffend te wees en maak langer roetes moontlik.