Kaapstad Verander Area

Vandag


32°C / 19°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 40%

Donderdag


33°C / 18°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 42%

Vrydag


26°C / 19°C

Wind 21km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 60%

Saterdag


24°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 4.4mm


Humiditeit 49%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 37%

Maandag


32°C / 18°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 28%

Nuusflitse
​Johnny Depp herstel van ‘chupacabra-aanval’ ​Voltaire se boek ’n topverkoper ANC wil grondbesit beperk Polisie speel groot rol in ernstige misdaad - SAIRV Krokodil byt man van Pretoria aan been 4 mense sterf in bankdrama in Rusland De Zalze-bloedbad: 16-jarige is nog kritiek Beweerde metropolisie-roof: 2 verskyn in hof IS eis vrylating van terroris in ruil vir gyselaars Belastingbetalers dok op vir Ace Magashule se 72 gaste in Kuba 3 gesinslede dood in bloedbad by gholflandgoed Belfast-stadsraad: ‘Vermy vis op straat’ Vegvliegtuig stort neer: Dodetal styg tot 11 ANC gaan vir Selebi-begrafnis betaal 7 huiskomiteelede van Potch voorlopig geskors 3 mense op De Zalze vermoor Metropolisie beroof glo ma, 2 kinders Fliek oor FW de Klerk draai in die VSA Facebook-gebruikers ruk lank ‘in duister’ 10 dood toe vegvliegtuig teen ander vliegtuie bots Brandfort: Oë rek oor reuse-uitgawes Top-spioen in hof oor bedrog Padwoede-verhoor tot Augustus uitgestel Man sterf in ongeluk by nywerheidsonderneming SAL kanselleer vlugte na New York weens slegte weer Vrou op staproete in Llandudno beroof Nelspruit-ouma glo as seksslaaf aangehou 5 stories wat jy nie kan mis nie Valke trek 10 Nigeriërs vas Air Malaysia se webruimte binnegedring Mej. Heelal kom uit Colombia Oudsoldate van SA help in stryd teen Boko Haram Man in hof ná skietery by vulstasie in Kaapstad Kerk neem afskeid van jong dominee ná fratsongeluk ​Nigeriërs in hof ná dwelmklopjag ​Onsekerheid of lasbrief vir Zuma se seun uitgereik is ​Sir David Graaff oorlede ​Man verdrink by Coney Glen in Knysna ​Man met steekwonde vas aan boom gevind ​Japanse premier ‘sprakeloos’ ná onthoof-video ​Ruimtetuig op Mars gevind
Sake

Eskom skakel smelters af weens kragtekort

Deur leané meiring en jinine botha Vrydag 14 Junie 2013 09:05

Een van die giethuise by BHP Billiton se Hillside-smelter in Richardsbaai.

Twee van BHP Billiton se kragvretende aluminiumsmelters is gisteraand afgeskakel omdat die vraag na elektrisiteit Eskom se beskikbare hoeveelheid krag oorskry het.
Hilary Joffe, Eskom se woordvoerder, het gisteraand ná die spitsverbruikstyd gesê die vraag na elektrisiteit was meer as 35 000 MW tussen 17:00 en 21:00. Eskom kan 34 970 MW krag opwek.
Eskom het ’n ooreenkoms met BHP en ander maatskappye om hul kragtoevoer tydelik af te sny wanneer die vraag in spitstye gevaarlik hoog is. Die huidige koue en die langnaweek het gisteraand meegebring dat die vraag na elektrisiteit Eskom se beskikbare hoeveelheid krag oorskry het.
Volgens Joffe het die spitstyd sonder ernstige kragonderbrekings verloop omdat van die groot verbruikers ook hul elektrisiteitsgebruik verlaag het.
Gisteraand was volgens Eskom ’n voorbeeld van ’n vroeër waarskuwing dat Suid-Afrikaners dié winter ernstig krag sal moet spaar.
BHP Billiton is vroeër vanjaar deur die hof gedwing om sy geheime kragtariewe vir sy smelters aan Media24 bekend te maak.
Eskom verkoop 9% van die totale krag wat hy opwek spotgoedkoop onder kosprys aan BHP Billiton se twee aluminiumsmelters.
Terwyl gewone mense sowat R1,40 per kilowatt-uur betaal, betaal BHP Billiton by sy Hillside-smelter by Richardsbaai net 22,65c per kilowatt-uur.
Die hoogs geheime formule wat Billiton by Hillside betaal vir twee derdes van die 1 200 megawatt wat dié smelter verbruik, is reeds in 1992 gesluit.
Toe het Eskom ’n surplus elektrisiteit gehad. Die kontrak strek tot 2028.
Die voorkeurtariewe vir Hillside en Billiton se tweede smelter, Mozal in Maputo, wys hoe die twee verliesmakende smelters aan die gang gehou word met die hoë elektrisiteitstariewe wat die res van die land se verbruikers – huishoudelike en nywerheidsverbruikers – vir krag betaal.
Die omvang van die goedkoop krag is duidelik uit kontrakte wat Eskom aan Media24 bekend gemaak het kragtens ’n hofbevel deur die appèlhof in Bloemfontein bekragtig is.
Billiton het teen die oorspronklike hofbevel geappelleer, maar die appèlhof het die appèl verwerp.
Dis ook ver onder Eskom se koste van verskaffing. Dit kos Eskom gemiddeld 41c per kilowatt-uur om elektrisiteit te verskaf.