Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Woensdag


25°C / 16°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 70%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 33km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 67%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Sake

KOMPETISIE

Speel saam op die JSE

Deur Mari Blumenthal Vrydag 14 Junie 2013 8:35 nm.

Pretoria – Aspirantbeleggers kan nou met virtuele geld leer om op die JSE aan te koop.

Die JSE het verlede week ’n virtuele verhandelingskompetisie bekend gestel waarin deelnemers sonder enige risiko op die aandelemark kan woeker.

Elke deelnemer begin met ’n denkbeeldige R1 miljoen om aandele te koop, maar daar is R60 000 se harde kontant op die spel. Die deelnemer wie se portefeulje teen 30 Augustus die meeste werd is, sal die eerste prys van R30 000 wen.

Die wedstryd boots ware aandelehandel so ver moontlik na en gelde word op elke transaksie gehef. Deelnemers verdien ook rente op die kontant wat hulle aan die einde van elke handelsdag oor het. Elke deelnemer moet minstens vyf transaksies voltooi.

Registrasie vir die kompetisie kos R100 en skoliere, studente en professionele makelaars mag nie deelneem nie.

Takalani Nyelisani, bestuurder van kleinhandelontwikkeling van die JSE, sê die beurs glo dié speletjie is ’n praktiese manier om diegene wat in aandelehandel belang stel, te help tot by die stap waar hulle hul eie handelsrekening oopmaak.

“Om op die aandelebeurs te belê, is nie so intimiderend en ingewikkeld soos baie mense dink nie.”

* Vir meer inligting, besoek https://virtualtradinggame.jse.co.za.

Gaan na Sake24.com  vir gratis geldnuus en vars markaanwysers.

Gewild op Sake24.com: