Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Sondag


26°C / 17°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Maandag


23°C / 17°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Dinsdag


24°C / 16°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Woensdag


29°C / 17°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Nuusflitse
Brit onder 5 wat sterf in Afganistan-bomaanval Man gevonnis vir dubbele moord in Beaufort-Wes Mandela se dood in Desember herdenk Lewe glo te moeilik: 98-jarige skiet homself en vrou Skoon oudit vir Gautrein Nog swaar reën vir Gauteng voorspel Burgermeestersdrama in Mokopane: SAPD ontplooi Kapenaar moor glo gewese vrou in Nieu-Seeland Wladimir Poetin se bankier deur interpol gesoek Dominee spontaan toegejuig toe kerk se ligte aangaan Grapjas se optrede het Steve Hofmeyr diep seergemaak Jacob Zuma se mond gesnoer toe hy oor ANC wou praat China: 26 sterf in brand by steenkoolmyn IS ‘mees brutale bedreiging nog’ – Angela Merkel Steve Hofmeyr: Konsert glo R5 miljoen kwyt Man urineer in vliegtuig se gang Grypdief laat spaander met handsak, R5 000 Opgekapte lyk in Kampsbaai gevind Gedwonge verhuising staar advokate in die gesig Man ontevrede oor vroue-universiteite Seun kan nie matriek voltooi weens aanranding Boksombende help vir Blikkies met heupvervangings 'Eenhoring' kry groot belangstelling Munisipale Eskom-skuld buite beheer Eerste Italianer met Ebola ‘is stabiel’ Vermeende kaper geskiet, gewond Bomaanvalle in Nigerië eis minstens 45 Woonstelgebou stort ineen - 10 dood Pta-man skiet homself EFF-tugverslag dalk oorweeg Polisieman vas wat bewysstukke in barrakke bêre Kiesers begin stem in die Himalayas Hof bevind man is dalk ná dekades in tronk onskuldig Ferguson: Geweldpleging ná jurie besluit om polisieman nie te vervolg Don Steenkamp word weg van ander jeugdiges aangehou Julius Malema en wag in onderonsie
Sake

Hou dié stuiweraandele dop

Deur Shaun van den Berg, Tegniese Siening Vrydag 14 Junie 2013 8:39 nm.

Al gaan dit nie op die oomblik so goed met Capitec se aandeelprys nie, bly dit 'n klassieke Suid-Afrikaanse voorbeeld van 'n stuiweraandeel, wat sedert sy notering met 10 283% gestyg het.

Dit word algemeen in Amerika aanvaar dat ’n maatskappy met ’n markwaarde van tussen $250 miljoen en $1 miljard as ’n sogenaamde kleinkapitalisasie-aandeel (small cap) gedefinieer word.

Met ’n rand van by die R10 per dollar kom so ’n omskakeling op ’n markwaarde van tussen R2,5 miljard en R10 miljard te staan.

Plaaslik werk die Amerikaanse definisie duidelik nie so goed nie. Dit is hoekom daar in Suid-Afrika eerder aanvaar word dat enige aandeel wat nié onder die top-100-aandele op grond van markwaarde is nie, as ’n klein-aandeel beskou word.

Die top-100-aandele bestaan uit die JSE se top-40-indeks, asook die JSE se indeks vir middelkapitalisasie-aandele, oftewel die JSE Mid Cap Index. Dit is dan ook die oorblywende 60 van die top-100-aandele.

Baie kleiner en private beleggers is lief vir stuiweraandele (penny stocks, baie goedkoop aandele), aangesien die potensiaal van ’n vinnige winskopie groot aantrekkingskrag het.

Ons weet almal van die prestasie van aandele soos Capitec, met ’n styging van 10 283%, Grindrod (6 291%) en Cashbuild (2 924%). Hulle het almal onder 500c verhandel met hul notering.

Stuiweraandele verhandel gewoonlik onder 100c en die maatskappy het dus ’n lae markwaarde. Dit is ook waarom dié aandele nie op die radarskerm van pensioenfondse en effektetrustfondsbestuurders is nie.

Dié soort aandele is uiters wisselvallig, baie inligting word nie daaroor bekend gemaak nie en min ontleders volg hulle.

Die aandele word as spekulatief beskou omdat dit beleggers aan hoë risiko blootstel.

Daar is baie redes waarom beleggers die meeste van dié aandele liefs moet vermy. Dit sluit in onsekere toekomstige vooruitsigte, die feit dat die maatskappy dikwels in ’n verliesmakende situasie is, dikwels van ’n hoë mate van hefboomfinansiering gebruik maak en ’n wisselvallige winsgeskiedenis en lae rentedekking het.

Nietemin is daar tog ’n paar sodanige aandele wat dalk die moeite werd is om te bekyk.

Poynting Holdings (JSE: POY) ontwerp, vervaardig en verskaf telekommunikasie-produkte aan die sellulêre, data- en verdedigingsmark, sowel plaaslik as internasionaal via sy filiale.

Dié aandeel verhandel tans teen ’n bewegende prys-verdienste-veelvoud van 7,3 en 1,3 keer sy netto batewaarde.

Die gevoel is dat die aandeel waarde bied, maar net spekulatiewe beleggers moet dit oorweeg. Dit is as gevolg van lae vlakke van herhalende inkomste en swak kontantskepping.

Die aandeel verhandel steeds onder sy bewegende gemiddelde van 50 dae en 200 dae en die langtermyn-tendens bly beeragtig. Die aandeel verkeer wel in oorverkoopte gebied, maar met geen duidelike tekens dat die aandeel aangeskaf moet word nie. Belangstellende beleggers kan nietemin die aandeel dophou.

Hiermee saam is daar Sekunjalo (JSE: SKJ), ’n swartbeheerde beleggingsbeheermaatskappy met beleggings in die vis- en akwateelbedryf, inligtingstegnologie en die farmaseutiese en biotegnologiebedryf.

Die aandeel verhandel tans teen ’n diskonto van 53,3% teenoor sy netto batewaarde op 93,8c per aandeel, terwyl sy prys net onder sy bewegende gemiddeldes is. Dit toets tans ’n sleutel-ondersteuningsvlak by sowat 53c.

Dié soort goedkoper aandele is beslis nie vir alle beleggers nie. Dit is egter ideaal vir spekulatiewe beleggers wat op soek is na die volgende groot suksesverhaal.

Die groot uitdaging is dat jy nie te oorywerig raak en groot hoeveelhede beleggingskapitaal in dié aandele belê nie.

* Shaun van den Berg is die hoof- tegniese ontleder van PSG Online.

Gaan na Sake24.com  vir gratis geldnuus en vars markaanwysers.

Gewild op Sake24.com: