Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 18°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Maandag


26°C / 17°C

Wind 26km/h


Reënval 0.5mm


Humiditeit 57%

Dinsdag


27°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Woensdag


32°C / 18°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 40%

Donderdag


33°C / 18°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 41%

Vrydag


26°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 1.5mm


Humiditeit 52%

Nuusflitse
​Nigeriërs in hof ná dwelmklopjag ​Onsekerheid of lasbrief vir Zuma se seun uitgereik is ​Sir David Graaff oorlede ​Man verdrink by Coney Glen in Knysna ​Man met steekwonde vas aan boom gevind ​Japanse premier ‘sprakeloos’ ná onthoof-video ​Ruimtetuig op Mars gevind Vroue sterf toe muur op hulle val Dominee sterf ná fratsongeluk Tiener vas ná vroue op Tafelberg beroof is Filippyne-ontploffing eis 1, 37 gewond Soweto-plundery: Meer as 150 in hegtenis Anwa Dramat se skorsing onwettig verklaar Motorbrand-tragedie: 2 seuns sterf Britse vrou sterf in Thailand weens borsinfeksie Jackie Selebi sterf in Pretoria 5 stories wat jy nie mag mis nie ​Tyd raak min vir Japanse gyselaars Marthinus dalk gou ambassadeur in Griekeland Prins Andrew ontken in openbaar seksaantygings Koning van Saoedi-Arabië sterf Swak dienslewering knou Brandfort Dwelms: Jhb-man kry doodstraf op verjaarsdag Antraks-dreigement in Centurion Tronkbewaarders gesteek in moontlike ‘benderitueel’ Soweto-geweld: 68 in hegtenis Kaalbors en terug op bl. 3! Tony Ehrenreich van Cosatu wil sy geld uitdeel Mense speel ‘slagter’ toe voertuig met beeste omslaan 2 sterf toe man handgranaat in polisiestasie gooi Oudlanddros se kinders verwyder WhatsApp nou op rekenaar Man skiet glo Boston-dokter uit wraak Polisiekaptein vas oor hy glo wapens aan rowers leen Verkeersbeamptes dreig vrou oor R3,50 vir parkering Zuma praat oor kragkrisis Vrou sê man wou haar 'lelik' maak met suur
Sake

BELEGGINGS

Waar daar ’n rokie is, kyk ’n slim belegger

Hou egter wisselvalligheid en gedempte markte dop

Deur Shaun van den Berg, Tegniese Siening Vrydag 28 Junie 2013 21:16

Waar daar ’n rokie is, is daar ’n vuurtjie. Vir Jan en alleman beteken dié gesegde dat as iets verdag lyk, ís daar waarskynlik iets verkeerd.

Vir die slim beleggers op die JSE kan dit egter ’n heeltemal ander betekenis hê: Daar is dalk ’n geleentheid wat benut kan word en wat verder ondersoek moet word.

Een van die maniere om toekomstige prysbewegings op te tel, is om te kyk na die volumeverhandeling van ’n aandeel – met ander woorde hoeveel aandele op ’n slag verhandel word.

Die ideale situasie is wanneer ’n aandeel gaandeweg geakkumuleer word sonder dat die aandeelprys die hoogte in skiet. Dit is hier waar die slim belegger, of clever money, na vore tree in die hoop dat die res van die mark dit die een of ander tyd gaan opmerk en die aandeelprys sodoende gaan styg.

Twee van die aandele waar daar tans ’n rokie te bespeur is, is Omnia (JSE: OMN) en Grindrod (JSE: GND).

Omnia is ’n gediversifiseerde en spesialis- chemiese maatskappy wat in die landbou-, mynbou- en chemiese sektor betrokke is.

Die groep se aandeel verhandel reeds sedert middel 2011 in ’n nou opwaartse kanaal met verhandeling bo sy 50-dae- en 200-dae- bewegende gemiddeldes.

Die langtermyn-tendens vertoon deurgaans bulagtig.

Die volume-prys-tendens (VPT), ’n aanwyser wat die verhouding tussen die volume van ’n aandeel en die beweging in sy prys aandui, dui tans daarop dat akkumulasie van die aandeel plaasvind. Die moontlikheid bestaan dus dat die vorige rekordsluitingsvlak van R175 selfs oortref kan word.

Die groep het onlangs in ’n handelsverslag gesê dat ’n wesensverdienste per aandeel van tussen R13,10 en R13,40 – ’n styging van onderskeidelik 36% en 40% teenoor die vorige jaar se wesensverdienste per aandeel van 958,6c – vanjaar verwag kan word.

Die aandeel verhandel teen ’n bewegende prys-verdienste-veelvoud (p/v) van 12,3 en 2,3 keer sy netto batewaarde. Die aandeel blyk billik gewaardeer te wees. Beleggers moet liefs nog hulle aandele hou.

Grindrod is hoofsaaklik by skeepsdienste en handelsbedrywighede betrokke, asook in vragvervoer en finansiële dienste, wat bedryfs- en bemarkingsinergieë sowel plaaslik as internasionaal aan die groep bied.

Sy aandeelprys het reeds ’n weerstandsvlak by R21,46 getoets, wat terselfdertyd ’n rekordvlak vir die aandeel is. Die langtermyn-tendens bly bulagtig, met die VPT-aanwyser wat steeds op volume-akkumulasie teen hierdie vlakke dui.

Die aandeel verhandel tans teen ’n p/v van 15,7 en teen ’n premie van 30% teenoor sy tasbare netto batewaarde. Aanduidings is dat ook Grindrod tans billik gewaardeer is en dat aandeelhouers nog hul aandele kan hou.

Daar is ook ’n gesegde dat as daar ’n geritsel tussen die blare is, kan dit ’n slang wees. Beleggers moet kennis neem van die huidige wisselvalligheid in die internasionale markte, asook die gedempte handelstoestande. Ondanks waar die rokies is, moet beleggers onder sulke omstandighede omsigtigheid aan die dag lê.

* Shaun van den Berg is die hoof- tegniese ontleder by PSG Online.

Die webwerf www.sake24.com bly jou gratis portaal tot nuus en markinligting. Ander lesers het gehou van: